|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 187
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die seëning van die agt-en-negentig bodes. Die weeklaag van die vrouens en die gerusstellende woorde van een van die tien bodes
(20 Desember 1843)
187 In die voorhof aangekom, het almal die Heer uit die diepste grond van hulle hart gedank en het Sy onuitspreeklike goedheid geloof; en Ohlad het weer die tempel gesluit en met Danel en die tien ministers na die agt-en-negentig gegaan en aan hulle die wil van die Heer verkondig.
2. Toe hulle, die agt-en-negentig, alles bereidwillig aangeneem het, het Danel hulle die hande opgelê, en hulle was vervul van die gees en die krag van die Heer en hulle het hom uit alle mag geprys.
3. Terwyl hulle die Heer so magtig geloof en geprys het, begewe hulle hulleself uit die voorhof na buite, waar hulle vrouens en kinders op hulle gewag het, en maak hulle ook bekend met die wil van die Heer.
4. Maar toe die vrouens en die kinders gehoor het dat hulle manne en vaders, volgens hulle begrippe, in die eindelose groot en wye wêreld moes reis en hulle vrouens en kinders `n geruime tyd, of miskien ook vir altyd moes verlaat, het die vrouens en die kinders ontsettend begin te weeklaag. Sommiges het geween, ander kerm, sommiges het hulle hare uit hulle kop getrek en het hierdie verordeninge van God kragtig verguis.
5. Toe het die tien ministers voor die vrouens en die kinders getree, en het hulle baie ernstig gebied om te swyg, omdat hulle andersins `n baie streng straf kon verwag.
6. Hierdie gebiedende woorde het homself soos sigbare vlamme versprei met `n stem soos die van donder oor die vrouens en die reeds ietwat volwasse kinders en het hulle almal tot swye gebring.
7. Eers toe die vrouens en die kinders tot swye gebring was, het een van die tien ministers tot hulle gespreek:
8. “Gebruik tog julle verstand! Waarom wil julle julleself teen God se almagtige wil verset? Wat is dan meer: God of julle in julle groot dwaasheid?
9. As julle manne die wil van die Heer vervul, sal die Almagtige julle dan verlaat?!
10. Laat dit julle sorg voortaan wees, dat julle die Heer van hemel en aarde behaag; oor al die ander hoef julle julleself nie te bekommer nie, want die Heer sal verseker die beste doen!
11. Maar wanneer julle manne nie die wil van die Heer sou vervul terwille van julle dwaasheid nie, dan sou die Heer vuur uit die hemele op aarde laat val en julle almal sal dan saam met julle manne baie aaklig in die vlamme van die goddelike toorn omkom!
12. Sê net, sou julle dit eerder wil hê, of dat julle manne dadelik uittrek en die wil van die Heer met volle inset vervul en die Heer hier vir julle sorg?”
13. Na hierdie min woorde was die vrouens en die kinders weer verstandig, sodat hulle hulle manne en vaders geseën en die Heer gebid het dat Hy hulle weer welbehoue sou terugbring as dit Sy wil was.
14. En een stem het in die lug hoorbaar geword, wat gesê het: “My wil - nou en dan, en hier en daar! Daar sal geskied wat nodig is! Amen.”
15. Daarop het almal hulle huiswaarts begewe, en reeds die volgende dag het ons nege-en-negentig onder baie seëninge vertrek; slegs Midehal het vanweë sy lang ore tuis gebly.
|
|
|
|
|