`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 233

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die geslaagde onderhandelings van die onderpriester met koning Gurat

(27 Februarie 1844)

233 Toe die afgevaardigde onderpriester, al was dit met ietwat moeite, voor koning Gurat verskyn het, word hy baie vriendelik ontvang en word gevra wat hom eintlik na die koning laat gaan het.

2. En die onderpriester het gesê: “Jy weet dat sedert die ongunstig uitgevalde poging om die hooglanders te verslaan, die opperpriesters in Hanoch in twee vyandelike kampe verdeel geraak het, waarby die een deel jou tot koning benoem het, terwyl die ander kamp in groot woede teen jou ontsteek is!

3. Sien, dié deel wil nou `n mag van dertigduisend goed geoefende stryders saamtrek en in die grootste verbittering teen jou optrek, om jou so moontlik ten gronde te rig!

4. Toe ek dié besluit van die woedende opperpriesters verneem het, het ek by myself gedink: “My vroeëre vriend, nou heer en koning van die hele Hanoch, het weliswaar `n ongeveer vyftigmaal groter mag, maar hulle is oor die dagreise uitgestrekte stad verdeel en sou daarom op afsonderlike punte nouliks kan standhou teen `n gekonsentreerde mag van dertigduisend goed geoefende krygers!”

5. Toe ek die gevaar wat jy loop, so bereken het, het ek by myself gedink: “Al kos dit ook wat, ek sal as raadsman optree en die opperpriesters allervriendelik waarsku teen so `n gevaarlike onderneming!”

6. Ek het dit gedoen en die opperpriesters in die felste kleur van die wêreld die groot en sekere gevaar van die onvermydelike mislukking van hulle plan geskilder, en sien, hulle het verbaas opgekyk en hulle ywer om wraak te neem het afgekoel, hoe langer hoe meer, en binne `n kort tydjie was hulle bereid om deur my met jou te onderhandel, deurdat ek hulle dit onder soortgelyke omstandighede as die mees doelmatige voorgehou het.

7. En daarom is ek om drie redes hier, en wel ten eerste om aan te gee wat daar teen jou besluit was, ten tweede as onderhandelaar tussen jou en die opperpriesters en ten derde as nog altyd jou ou vriend en raadgewer!

8. As sodanig raai ek jou derhalwe aan dat jy die opperpriesters, omdat hulle tog nog `n groot aanhang het by die dommes, met ietwat doelmatige veranderings, sal behou as dienaars van die gode vir die volk; ons weet immers goed wat ons moet dink van sulke dwaashede, en sien die natuur as die ware god!

9. Ek dink dat jy goed sal begryp wat ek daarmee wil sê, want jy weet net so goed soos ek dat slegs die blinde, gewone volk tot een god, of nog beter, tot meerdere absolute bosinlike goddelike wesens bekeer moet word en hulle moet vrees en die koning gewillig moet gehoorsaam om nie die voornemende straf van die gode oor hulle af te roep nie.

10. Daarvoor is die opperpriesters uitgeknip en hulle het ook die passende voorstelling vir die illusie van die volk; daarom moet hulle ook nie so ligtelik opgehef word nie!

11. Ons ingewydes het hulle ewenwel nie nodig nie, omdat ons die kragte van die natuur ken en die wetmatighede waarvolgens dit werk! Dit is my raad; volg dit op en jy sal goed daarby vaar!”

12. Hierdie bespreking was ook deur die koninklike opperpriesters aangehoor en hulle was heeltemal eens met hierdie raad.

13. En die koning het gesê: “Broer, my beste, ou vriend ek is jou baie verskuldig! Dit geskied volgens jou raad! En omdat jy so `n skerpsinnige man is, dra ek jou nou op om reëlings te tref met betrekking tot die mees doelmatige veranderings by die opperpriesterkaste en om dit aan my mee te deel. Ek sal dan dadelik my magtiging daaraan gee!”

14. En die raadgewer het gepraat: “Laat my nou weer gaan om met die opperpriesters oorleg te pleeg! Dat hulle na my pype sal dans, daar staan ek met liggaam en lewe voor in; dit moet egter lyk asof hulleself die veranderings gemaak het, as ons wil hê dat hulle trou moet wees in die nuwe funksie!”

15. Gurat was daarmee tevrede en die raadgewer het weer na sy huis gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205