`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 223

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die eerste diplomatieke onderneming teen die hooglanders

(12 Februarie 1844)

223 By die beraad vanweë die politieke vriendskapsafvaardiging na die tien in die hoogland, word ten slotte besluit dat die geslepe onderpriester as raadgewer, natuurlik self die aanvoerder moes wees. Aan hom was nog dertig onderpriesters bygegee wat heeltemal gewortel was in die opperpriesterskap, sodat hierdie een baie sluwe onderpriester by hierdie missie nie ook in die voetstappe van die tiental sou volg nie.

2. Hierdie missie van dertig onderpriesters as begeleiers en die een aanvoerder word ryklik voorsien van allerlei vriendskapsgeskenke wat bestaan het uit goud, silwer en edelstene. Twintig kamele het genoeg te dra gehad met hierdie las.

3. En dié een het heimlik met groot voldoening die ryk vriendskapsgawes vir die hooglanders aangesien, want hy het al goed bereken hoe hy dit sou gebruik.

4. By die vertrek het die opperpriesters hom baie nadruklik op die hart gedruk dat hy sy eed van trou steeds in gedagte moes hou.

5. Hy het dit ook onder baie geveinsde trane verseker, en selfs sy begeleiers, wie die opperpriesters baie goedgesind was, het die volgende getuienis oor hom gegee: “Nee, nee! Vir hom staan ons met ons lewe in, want in hierdie bors heers geen enkele slegte gedagte nie. Sy trane is vir ons die sekerste pand van sy trou! O, aan hom kan julle hemel en aarde toevertrou!”

6. Na meer sulke versekerings het die gesantskap op die pad gegaan, sonder om begelei te word deur argwaan van die opperpriesters.

7. Maar in die kop, asook in die hart van die een onderpriester het dit baie anders daaruit gesien as wat hy na buite getoon het, want hy het die saak as volg uitgelê:

8. “Eerstens moet die vriendskapsgeskenk vir die tien aangebied word! Die tiental sal die vriendskap dan om suiwer politieke redes beantwoord! Waarom? Dit is nie moeilik te raai nie; naamlik om die opperpriesters daardeur in hulle val te lok!”

9. Dit het hierdie een al alles vooruit bedink; daarom het hy geweet om sy groep ook behoorlik te lei.

10. Toe hierdie stoet van afgevaardigdes op die derde dag in die voormiddag die groot, soos van goud uitsiende toegangspoort na die hoogland bereik het, was die gesantskap dadelik aangehou en haarfyn ondervra en deursoek voordat hulle toegelaat was, en hulle was vandaar onder swaar begeleiding na die tien gebring, wie in `n kasteel op `n hoë en wye rots gewoon het.

11. Maar toe die een aanvoerder sulke groot dinge van suiwer goud aanskou, het hy aan sy metgeselle gesê: “Vriende, hoe skamel kom ons vriendskapsgeskenke hier tot hulle reg, waar hele berge van die suiwerste goud ons van alle kante tegemoet straal en waar die enorme rots waarop die tiental `n stralende goue kasteel het, selfs hier en daar van nature uit die suiwerste goud blyk te bestaan? Lyk dit nie asof ons `n druppel water na die see dra nie?! Maar dit gaan oor die voorneme! `n Skelm is hy wat meer gee as wat hy kan en as wat hy het!”

12. Sy begeleiers het hom gelyk gegee, maar hy het by homself gedink: Wanneer dit hier so voorstaan, dan het ek die hele gespuis van opperpriesters al so goed as in die strik! Nou nog die oordeel van die tiental wat baie goed met my bevriend is, en die werk sal geslaagd wees!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205