|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 354
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Mahal in die grot as verbaasde getuie van die verskriklikste gebeurtenisse. Mahal se angstige selfrespek. Die aankoms van drie vlugtelinge in die grot. Mahal en die drie vlugtelinge Gurat, Fungar-Hellan en Drohuit herken mekaar. Die Heer verskyn in die grot
(26 Augustus 1844)
354 Maar die ontsettende reën het Mahal weer die grot ingedryf, waarin hy begin het om op en af te loop en menigmaal verbyster en half vertwyfeld na buite gekyk en gesien het hoe die geweldige waterstrome oor die rotse neergestort het. Dit het die grond met hulle saamgesleep, die grootste bome ontwortel om hulle vervolgens met vreeslike geweld in die diepte in te slinger. Ook hele rotse het losgebreek om dan, met die lawaai van duisende donderslae, in die ravyne en klowe in te rol!
2. Hy was weliswaar `n groot vriend van groot natuurspektakels, maar hierdie was vir hom tog `n bietjie te erg, want hier het die anders so heldhaftige Mahal die oorduidelike ondergang van die hele wêreld en van homself gesien. Daarby het hy van groot angs gebeef en vir homself gesê:
3. “O Heer, waarlik, in U mag leer mens eers U geregverdigde toorn ken! Al is U ook so wonderbaarlik groot, heilig en verhewe in U vrede, slaan die mens wat deur gewoonte afgestomp is, egter tog weinig ag daarop en kan U, o Heer, selfs heeltemal vergeet; maar so `n aanblik van U mag toon die afgestompte wurm van die aarde wat trots poog om in sy domheid groot te wees, dat U, o Heer, buitengewoon en eindeloos meer is as die mens wat hom so hoogdrawend beskou in U vrede!
4. As ek nou nie so alleen hier gestaan het nie, sou die gebeure nog meer verheffend gewees het; maar so totaal verlate van alle lewende geselskap, is dit wel wanhopig verskriklik om so die sekere ondergang van alle dinge en dus ook van myself af te wag!
5. O Heer, neem my weg van die wêreld en laat my nie langer getuie wees van U verskriklike oordeel nie! Laat U heilige wil geskied!”
6. Toe Mahal so sy selfgesprek beëindig het, het daar drie vlugtelinge uit die laagte beskutting kom soek in hierdie grot. Dit was vir Mahal `n baie welkome verskyning, omdat hy nou iemand gehad het om sy benarde toestand te deel!
7. Hy gaan daarom dadelik op die drie beskutting soekendes toe, verwelkom hulle en het hulle gevra wie hulle was.
8. En die drie het gesê: “Ons is die drie grootste dwase uit die laagte. Ons het enkele dae gelede nog gedink dat ons die heersers van Hanoch was en daarom ook van die hele wêreld, maar nou het die ou God ons laat sien dat slegs Hy die Heer is! Ons het daarom hierheen gevlug gedryf deur die verskriklikste waternood en is dalk nog die enigste oorlewendes uit Hanoch, want daar staan alles al baie vadems diep onder water en slyk! Ons name is: Gurat, Fungar-Hellan en Drohuit!”
9. Hierop het Mahal luid uitgeroep: “O Heer, wat `n wonderlike beskikking! U grootste vyande het U hierheen gelei en het hulle as`t ware in my hande gegee!
10. Weet dan wie ek is! Kyk, ek is Mahal, wat julle so dikwels oor die oordeel vertel het! Maar julle ore was verstop! Nou staan julle eiehandige werk voor julle oë, die verskriklikste oordeel van God! Wat sê julle nou daarvan? Waar is julle mag en heerlikheid nou?!”
11. Hierop het die drietal geskrik en hulle wou uit die grot weggevlug het, maar op daardie oomblik het die Heer die grot binnegekom en Hom onmiddellik deur al vier laat herken.
12. Wat verder, in die volgende!
|
|
|
|
|