`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 317

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se inligting oor die verdwene tempels en die lis van die priesters. Die oproep aan die priesters om voor die generaal te verskyn

(8 Julie 1844)

317 Omdat Fungar-Hellan die saak nie kon deursien en nie kon begryp hoe op die baie goed bekende eiland, geen spoor van die een of ander tempel te vinde was nie, terwyl hy self nog `n paar jaar gelede saam met koning Gurat hier was en hy homself baie goed van die bestaan van die tempel oortuig het, het hy hom weer tot Mahal gewend en hom gevra of hy hom kon sê hoe dit gekom het dat die tempel nie meer daar was nie.

2. En Mahal het gesê: “Hoe kon jy nou gedink het dat hierdie baie uitgeslape priesters niks sou gehoor het van die verwoesting van die ander afgodetempels nie?!

3. Sien, daar was al aan hulle melding gemaak van die feit dat die tempel van die god van die smee verwoes was! Daarvan het hulle dadelik gebruik gemaak, hulle het alles afgebreek wat aan die afgod gewy was, van die afgodseiland `n egte mooi, bewoonbare land gemaak, huise gebou en vervolgens die grond onder mekaar verdeel, ook die goud en silwer en die skoonheidsgodinne, wat onlangs hierheen gevlug het, na aanleiding van `n sekere gebeurtenis. En hulle lewe hier in hierdie omstandighede, in wêreldse opsig, nou al meer as `n jaar baie gelukkig.

4. Maar in geestelike opsig is hulle heeltemal dood, want hulle weet nie één woord meer van `n ware, ewige God nie! Daarom moet jy hier nie kyk na `n materieel bestaande afgodery nie, maar eerder na die verwoesting van die totale geestelike duisternis wat nou op die waarlik ryk en mooi eiland heers!

5. Want sien, aangesien hierdie priesters nou geen tempels meer mag hê nie, aanbid hulle die water van die meer en prys die fonteine met die mees verhewe, maar ook buitengewoon leuenagtige aanroepings. Hulle skool die volk en predik van die mag en krag en ewige eer van die water, en stel dit voor as die ware, lewende heilige wese van God, waarin alle volheid van die lewe woon; kortom, ek sê jou, hierdie priesters onderrig die goddelikheid van die water op so `n manier, dat jy self nie seker daarvan sou wees dat jy daardeur nie geheel en al gegryp sou word nie!

6. Daarom was dit hier noodsaaklik om hierdie priesters `n les te leer, anders loop die gees van al hierdie mense gevaar om in die water van hierdie priesters oor te gaan!”

7. Toe Fungar-Hellan dit gehoor het, wou hy self op die eiland gewees het, om alle priesters self te onderrig.

8. Maar Mahal het gesê: “Vriend, so sal jy weinig bereik; maar ons het `n spreekster hier, naamlik my dogter Agla, en `n spreker, dit is my seun Kisarell! Laat die priesters daarom hierheen kom, dan sal ons sien wat daar met hulle gedoen kan word!”

9. Daarop het die generaal `n sterk mag gestuur om die baie sluwe priesters te gaan haal, en hulle het ook dadelik met groot bereidwilligheid en oorgawe, volgens die wil van die generaal, gekom.

Hoofstuk 318


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205