`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 320

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan se openhartige kritiek op Mahal se verklaring. Mahal se bedroefdheid en profesie oor die deurbraak van die hooglanders

(11 Julie 1844)

320 Toe Fungar-Hellan die enigsins onbegryplike en taamlike uitgebreide antwoord op sy kort vraag van Mahal gekry het, het hy aan hom gesê:

2. “Beste vriend, jy kan wel gelyk hê, maar desondanks lyk jou verklaring oor die mislukking van jou raad meer na `n knap versinde uitvlug as egte waarheid te wees!

3. Want sien, ook ek is baie goed tuis in die leer van die ooreenstemmings en weet baie goed wat daar agter `n natuurlike verskynsel skuil; maar ondanks hierdie kennis, het ek nie dit in die verskynsel gevind, wat jy na vore gebring het nie!

4. Waarlik, dit sou vir my, noudat jy al my vertroue besit, onskatbaar beter gewees het as jy openlik aan my sou beken het dat jy jou ook `n keer vergis het, in plaas van om met hierdie uitgebreide wysheidsfrase te kom, waaruit ek kan aflei wat ek wil; - ek kan dit glo, maar ek kan dit ook netso goed ontken!

5. Maar ek sal jou sê wat die eintlike rede van die mislukking van jou raad is!

6. Sien, dit is `n baie natuurlike: Jy het dit goed bedoel en het by jouself gedink dat hierdie verwilderde priesters hulle die beste deur die woorde van `n meer as mooi vroulike wese sal laat bekeer! En daarom het jy my die raad gee, waarby jy net die groot hitsigheid van hierdie kêrels oor die hoof gesien het en dit was presies die rede van die mislukking.

7. Origens maak dit nie saak nie! Jy bly natuurlik nog my intiemste vriend; dit sou vir my slegs beter gewees het, soos wat ek alreeds gesê het, as jy dadelik met die onverbloemde waarheid gekom het, in plaas van hierdie verklaring, wat aan die hare daarby gesleep is!

8. Ek versoek jou daarom nou om goeie raad te gee en my te sê wat daar met hierdie geil bokke moet gebeur; moet hulle in die lewe bly, of moet ek hulle deur die swaard laat ombring? Gee vir my die suiwer wil van God, dan sal ek oombliklik daarvolgens handel!”

9. Toe Mahal hierdie woorde van Fungar-Hellan verneem het, het hy op `n ietwat bewoë toon gesê: “Vriend en broer, waarom het jy dit nou aan my gesê en daardeur nie vir my nie, maar vir God Self as `n leuenaar uitgemaak?!

10. Sien, dit sal jou nou spoedig `n groot stryd oplewer, sodat jy hewig deur God getugtig sal word! Omdat jy my woorde, wat baie saggeaard was, nie geglo het nie, glo dan nou wat ek jou tans sal sê!

11. Jy het die bewoners van die hoogland heeltemal vergeet en dink nie meer daaraan dat hulle jou ooit weer enige las kan besorg nie; maar die tien nog lewende vorste het met verloop van die tyd tog wel die woorde van `n bode uit die hoogte ter harte geneem, het hulle wet aangaande verwekking herroep, wat in stryd was met hierdie woorde, maar het in ruil daarvoor, `n groot premie in die vooruitsig gestel, vir hulle wat `n weg na die laagte tot stand sou kon bring.

12. En ek sê vir jou: Nou op dié oomblik staan daar `n mens voor die tien vorste in hulle goue paleis, wat aan hulle `n plan voorlê, wat hy deur `n ingewing van Bo bedink het. Volgens daardie plan kan en sal die laagte onteenseglik bereik word. En reeds môre word die hand aan die werk geslaan en jy sal die werk met miljoene oë aanskou en tog nie in staat wees om dit ook maar in die minste te verhinder nie.

13. Dit sal vir jou `n teken van waarheid wees, dat my verklaring nie `n leë uitvlug van my gees was nie, maar `n ewige waarheid van God!

14. En wat jy met hierdie priesters moet doen? Hieroor sê die Heer: “Laat hulle gaan na waar hulle vandaan gekom het, want aan hulle gees is niks meer te verander nie, omdat hy dood geword het deur die ontug van hulle vlees! En wanneer die water sal kom, sal hulle die eerstes wees wat in die vloed hul dood sal vind!”

15. Toe Fungar-Hellan dit gehoor het, het hy die priesters dadelik laat gaan, die leër byeengeroep en toe na die plek getrek wat Mahal hom daarna presies aangedui het, naamlik waar die hooglanders sou deurbreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205