`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 284

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal en Fungar-Hellan in die wellushuisie van die tempeltuin. Die bekleding van die troon met die vergiftigde naaldpunte

(21 Mei 1844)

284 Eers na `n tydjie, toe Fungar-Hellan uitgekyk was na die afgrond wat vir hom bestem was, het sy tong begin losraak en hy het in die grootste opwinding van sy gemoed gesê:

2. “O Mahal, o vriend! Ek versoek jou om nou te praat en te sê wat daar met jou helse dogter Agla moet gebeur! Sê my, is dit nie moontlik om haar duisend maal op die mees smartlike wyse te dood nie?! Ja ek weet wat ek sal doen! Duisend maal sal ek haar die huiweringwekkendste doodsangs laat ondergaan en haar dan op die wreedste wyse in die wêreld laat doodmaak!”

3. Maar Mahal het gesê: “Vriend, ek sê jou in die Naam van my God en my enigste Heer: Laat jou toorn en woede vaar, en oordeel nie voordat jy die hele omvang van die dade voor oë het wat deur Agla begaan of altans voorberei is nie! Eers wanneer jy in alles ingewy is, sal ons sien welke oordeel oor die daders gevel moet word!

4. Maar gaan nou weer verder saam met my, want ons het nog lank nie alles gesien wat Agla met behulp van haar hoofman Drohuit, wie jy vandag tot koning benoem het, uitgevoer en voorberei het nie! Volg my daarom verder!”

5. Hierop het Mahal weer vir Fungar-Hellan na die tuin en na een van die baie wellushuisies gelei. Daarbo was `n inskripsie te sien wat as volg gelui het: “Hier is `n koning se lus, hier is `n koning se hoogste genot!” In die wellushuisie was `n baie sierlike troon opgerig en wel vir die koning, en daarnaas weer `n rusbank, natuurlik vir die bedgenote.

6. Fungar-Hellan het hier weer aan Mahal gevra wat se nuwe duiwelswerk dit nou kon wees.

7. En Mahal het die generaal na die troon gelei en gesê: “Sien jy hier hoe daar uit die bekleding van die troon, duisend fyn naaldpunte gluur, waarvan elk `n sekere dood sal bring?!

8. Jy ken die werking van die naalde! Kyk, ook dit is `n werk van Agla! Dit is haar doel om alle persone wat haar nie geval nie, uit hierdie wêreld te help, en dus ook vir jou, aangesien jy die grootste doring in haar oog is!

9. Die uitvinder van hierdie naalde is Drohuit self, wat ook die baie ervare planter van die boompie in die glashuis is wat jy al gesien het.

10. Maar waarvandaan het hy die saad van die gewas gekry?

11. Kyk, die saad is `n voortbrengsel van die hel! Op die reis wat Drohuit gemaak het om die tempel van die stier te besigtig, wat in `n kloof opgerig is wat welbekend is aan jou, het hy `n vreemde wese ontmoet wat hom die saad gegee en hom geleer het hoe dit in die aarde geplaas moes word en wat die werking van die daaruit spruitende gewas is.

12. En Drohuit het die korrel in die aarde geplaas en reeds binne enkele dae het die onheilbrengende plant daar gestaan! Hy het die werking vir Agla gewys, en sy was baie verheug daaroor. En dit is dan die ontstaan van die klein, spits moordwerktuie.

13. Hoe geval hierdie saak jou? Ek sien jy is weer stom van ontsetting en boosheid! Maar ek sê vir jou: Gaan maar verder saam met my en jy sal nog beter dinge teëkom!” 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205