`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 367

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Hoofstuk 2

1. Daar was in dié tyd twee groot binneseë.

2. Die noordelike binnesee het bestaan uit die groot bekken wat, uitgaande van die huidige Swart See, aan die een kant die hele Europese-Rusland en alle aangrensende laagliggende uitgestrekte gebiede omvat het en het met die huidige Oossee in verbinding gestaan. Aan die ander kant het die noordelike binnesee ook die vlakte van die huidige Europese-Turkye tot by die teenswoordig sogenaamde Ysterpoort, asook die bergengte tot by Belgrado en Semlin (nou Zemun, by Belgrado) behels en is deur groot storms met berghoë golwe bespoel. Dit was dus die noordelike binnesee.

3. Die tweede binnesee het nie in verbinding gestaan daarmee nie en dra teenswoordig nog die naam Middellandse See. Hierdie see het voorheen net so min as die Swart See, met die een of ander wêreldsee in verbinding gestaan; maar die totale oppervlakte daarvan was nie kleiner as die voorgenoemde Swart- of Noordelike See nie. In die omgewing van die huidige Fiume (Italiaanse naam vir Ryeka) het `n breë en lang dal uitgestrek tot in Kroasië en vandaar verder met verskillende vertakkinge na die stroomgebied van die Sava tot in Krain en daar tot by die uitgestrekte gebiede waar die hooggebergte begin het. Aan die ander kant het hierdie see die teenswoordige Venesiaanse koninkryk bedek, asook Lombardye en ook enkele oostelike dele van Frankryk, het homself in Afrika deur die Nyldal uitgestrek tot by die watervalle en het ook die hedendaagse groot sandwoestyn bedek. 

4. Want vanuit Asië het `n baie hoë bergreeks geloop waarvan daar nou nog baie belangrike spore van oor is. Hierdie bergreeks loop van die noord-oostelike deel van Afrika, ook tot by die hoë watervalle, wat nog steeds in verbinding staan met die teenswoordige hooggebergte van Afrika. Die Straat van Gibraltar was ook verbind met die huidige Spanje, en wel deur `n taamlike hoë bergreeks, en het daarmee die tweede binnesee gevorm wat wateroppervlakte betref en het nie terugstaan vir die noordelike binnesee nie; sy was slegs in die algemeen baie vadems dieper as die noordelike binnesee, waarvan die Swart See nou nog `n oorblyfsel is.

5. Maar daar was nog `n derde binnesee. Om vas te stel waar dit was, hoef julle maar net `n blik te werp op die vlakte en dale wat tot vandag deurstroom word deur die Donau, Drau en Mur, tesame met hulle syriviere. Hierdie kleiner binnesee was in dié tyd weliswaar aan niemand bekend nie, omdat die huidige Europa nog nie in die voortyd deur menslike wesens bewoon was nie; weliswaar was daar groot getalle van allerlei diere, gewoonlik immens groot, waarvan `n mens teenswoordig, in bepaalde berggate en opgespoelde sand en klipslagberge oorblyfsels (in versteende vorm) vind. 

6. Julle moet egter nie dink dat hierdie klein binnesee op sigself gestaan het nie, want daar was, veral in Europa, nog `n hele spul baie groot mere wat in verbinding gestaan het met hierdie derde binnesee se reeds bestaande uitmondings. Die Krain, of die Krainvlakte tot ver in die Opper-Krain was `n op sigself afgeslote meer, waarvan die huidige sogenaamde “Moeras van Ljubljana” `n oorblyfsel is, maar het met `n breë afwatering tot in die streek van die hedendaagse Rann (Brezice) met die tweede binnesee in verbinding gestaan, wat die uitgebreide vlakte van Kroasië bedek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205