`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 220

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die boetebodes van Noag by die bewoners van die hoogland en die Hanochiete; hulle sukses en hulle noodlot

(8 Februarie 1844)

220 Hoe dit in Hanoch en nou in die bergland gegaan het, was alles aan Noag op die hoogte bekendgemaak en aan hom was te kenne gegee dat hy eers `n bode na die bewoners van die hoogland moes stuur, wat hulle van hulle arglistige voornemens teen die Hanochiete moes afbring en hulle dringend tot ware boete, deemoed en tot `n lewende vertroue in die lewende God en die liefde tot Hom moes maan.

2. Netso moes hy, naamlik Noag, `n tweede bode na Hanoch stuur. Hy moes veral die opperpriesters laat weet hoe hulle deur die tien mislei was. Voorts moes hy hulle afraai om die verraaiers op te soek om hulle daarvoor te straf. Want slegs van goddelike kant kon hulle getugtig word; elke poging van menslike kant om hulle te straf, was gedoem om te misluk, omdat dié volk hulle sodanig verskans het, dat dit vir geen enkele vyand moontlik was om lewendig by dié uit volk te kom nie.

3. Daarom moes die opperpriesters hulle weer in die Naam van die enigste, ware God verenig, moes self ernstig boete doen, die afgodsbeelde vernietig en terugkeer tot die enigste, ware God; dan sou Hy Hom oor hulle ontferm en vriendskap stig tussen hulle en die volk in die hoogland en hulle sou hulle dan van hulle groot oorvloed aan goud, vee en vrugte van allerlei soort, ryk skenkings laat toekom! God, die Heer, sou dan die wêreld nie met `n oordeel teister nie, maar hulle seën, en hulle skatte gee in onvoorstelbare hoeveelhede en oorvloed!

4. Noag het onmiddellik twee bodes gekies, hulle onderrig, en het hulle toe uitgestuur soos wat Ek hom beveel het.

5. Die bode na die volk in die hoogland het taamlik goeie vordering gemaak en stem die tiental, wat nog nie die les van Noag vergeet het nie, taamlik goed tot vrede; hy moes hulle slegs die reg tot selfverdediging toestaan, as hulle deur die Hanochiete aangeval sou word. 

6. Weliswaar beklemtoon die bode aan hulle dat Ek hulle sou beskerm, solank hulle in My trou en liefde sou bly.

7. Maar die tiental het gesê: “Ons wil dit ook, as julle ons `n maatstaf gee waarmee ons kan bereken of ons liefde tot God daaraan voldoen, al dan nie. Sonder so `n maatstaf is ons, sonder die reg tot selfverdediging, steeds onseker, omdat ons nooit kan weet of ons liefde tot God wel die graad het wat ons altyd van Sy hulp en bystand sal verseker nie!”

8. Die bode het wel gesê: “Elke mens het in sy hart `n soortgelyke maatstaf, wat hom presies sal sê of hy God meer liefhet, of die wêreld, of hy sy eie krag meer vertrou as die goddelike!”

9. Maar die tiental het gesê: “Vriend, dit is `n te subtiele maatstaf, waarop mens hom nooit kan verlaat nie; want maar al te dikwels dink menige mens dat hy nog God weet hoe sterk staan in die korrekte liefde en barmhartigheid van God, en dan vergis mens hom tog enorm!

10. Want die mens het `n swaarte wat voortdurend na benede trek; en hy sink ongemerk! Wanneer hy dan na `n sekere tyd glo dat hy hom nog steeds in die eerste graad van sy liefde en genadehoogte bevind, sien, dan het hy al vele duisende vadems diep gesink en bevind hom buite alle bereik van die goddelike barmhartigheid!

11. Word hy nou deur `n vyand oorval en het geen reg om homself te verdedig nie, dan gaan hy natuurlik ten gronde as God hom vanweë Sy heiligheid moet laat sit!”

12. Die bode het hierop wel die mees gegronde bedenkings as teenargument aangevoer, maar dit het niks gehelp nie, omdat die tien hom steeds weer baie kragtig die hoof gebied het. En so moes hy hulle vir bepaalde geval die reg tot selfverdediging laat hou en doen dit ook, omdat hy deur die tien, asook deur die hele volk buitengewoon met hoogagting behandel was.

13. Maar so `n gunstige ontvangs het die bode nie in Hanoch ondervind nie. Want ten eerste moes hy alle angskwellings vooraf ondergaan, voordat hy deur die opperpriesters aangehoor was, en toe die spreek aan hom toegestaan was en hy hom van sy opdrag gekwyt het, word hy dadelik in `n kerker gebring, solank as wat die opperpriesters hulle deur middel van listige spioene oortuig het van alles wat hy oor die bewoners van die hoogland verklaar het.

14. Eers na die oortuiging was hy weer uit die kerker bevry, maar moes toe self `n opperpriester word en hom aansluit by die raad van opperpriesters, of hy nou wou of nie, want in die teenoorgestelde geval sou hy gegésel en vir enige tyd tot die hel verdoem word.

15. En so het die bode in Hanoch spoorloos ten gronde gegaan sonder enige resultaat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205