`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 280

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se belangrike woorde tot Fungar-Hellan, wie met sy wêreldse verstand vergelykende teenwerpings maak

(15 Mei 1844)

280 Nou merk Fungar-Hellan egter dat die ou Mahal huil en hy gaan na hom toe en vra hom oor die rede van sy bedroefdheid.

2. En Mahal het gesê: “O jy magtige van die ryk, wat te alle tye so `n groot barmhartigheid en erbarming van God die Heer geniet het, sou jy weet wat ek op dié oomblik weet, dan sou ook jy met my geween en geweldig gekerm het!

3. Want sien, die Heer het my nou `n innerlike Lig gegee, en in dié Lig het ek julle groot ondeugde teenoor God aanskou en ook die ondergang van julle almal gesien! Dan kan ek tog net huil!

4. My seun Waltar, deur God as profeet na julle uitgestuur, is deur julle in die gees gedood, wie weet, ook wat die liggaam betref!

5. Maar al het julle sy liggaam duisend maal gedood, dan sou ek daaroor gelag het, want ten opsigte van God sou my seun dan in die gees tog in die lewe gebly het; maar aangesien julle sy gees gedood het, is hy vir ewig dood en verlore!

6. En so sal dit met al my kinders gaan! Agla is reeds drievoudig dood, en Kisarell en Pira en Gella sal onder sulke omstandighede doodgaan as hulle nie weer in die voetstappe tree waarin die vroeëre konings van die ryk gewandel het nie, wat destyds Lameg, Thubal-Kain, Uraniël en Ohlad geheet het en regverdig was in die oë van God !”

7. Toe Fungar-Hellan die woorde van die deur God verligte Mahal verneem het, het hy `n rukkie nagedink en ten slotte in die grootste rus en gelatenheid gesê: “Jy het wel gelyk, want ek weet baie goed dat die oerwysheid nog aanwesig is by die bewoners van die hoogte van die aarde, wat ons helaas nie meer besit nie; maar tog is ons ook nie heeltemal so afgestomp soos wat julle ons ongetwyfeld altyd voorstel nie! 

8. Ons het in feite wel meer afgodery as `n suiwer godsbewussyn, maar daarom is die werklike wese van God tog nie uitgesluit nie. Want deur die beelde stel ons die volk maar net die werkende kragte van die een alomheersende godheid aanskoulik voor en vereer dit juis omdat dit goddelike kragte is. En dit kan God self nie as `n onreg aansien nie!

9. As ons name aan sulke kragte toeken en dit met `n ooreenkomstige aanskoulike vorm vir die volk uitbeeld en dit so deur die volk laat vereer, sê my, kan dit vir God, die hoogs Wyse, as `n gruwel voorkom?! 

10. As jy `n groot en heerlike gebou bekyk en bewonder en dit prys, sê my, roem jy nie ook die boumeester daardeur nie?! Maar loof jy die boumeester wel wanneer jy slegs sy persoon roem, maar sy werk afkeur? Die boumeester sal hom beslis nie oor sulke lof verheug nie!

11. Met die godsbewussyn van ons, stem egter ook die leiers van ons volkere ooreen! Ek sal jou kriskras deur die hele ryk lei en jy kan my doodmaak as jy êrens `n klag oor ongeregtigheid sal hoor!

12. Kyk, die volkere lewe gelukkig! Nêrens onder hulle is armoede nie; oral bloei kunste en wetenskappe. Sê my, wat wil jou God dan nog meer van ons hê? As Hy ons wil doodmaak, laat Hy dit dan doen, ons is in Sy mag! Maar of Hy dan volgens my begrip korrek sou handel, dit laat ons voorlopig daar hang!

13. Kom nou saam met my, en ek sal jou alles laat sien, wat ons is en wat ons doen; en sê dan eers wat jy verkeerd vind aan ons!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205