|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 340
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die verdere liefdevolle gesprek van die Heer met Mahal. Mahal se verwyte onder verwysing na sy sondeloosheid. Die verdriet van die heilige Vader en Sy woorde oor besondere lewenswyses. Die verskyn van die engele en van Waltar. Die verdwyning van die Heer
(8 Augustus 1844)
340 En so het die Heer gespreek: “Mahal, My seun, het jy nog iets teen My, praat dan, en Ek sal jou antwoord na liefde, reg en billikheid! Want Ek sien in jou hart nog steeds misnoeë met My; dit moet egter eers van jou wyk, voordat jy verlossing van My kan verwag, want `n gees wat vir sy God en Skepper kwaad is, kan homself nooit met Hom verenig nie! Praat dus!”
2. En Mahal het gesê: “Heer, het ek tot nou toe ooit gesondig teen U orde?! Sien, U, net soos al U hemele en hierdie aarde moet my die getuienis gee dat ek gedurende my vierhonderd-en-negentig jaar lange lewe nooit gesondig het teen U, nóg teen `n engel, nóg teen mense en diere, nóg aan `n klip!
3. Dat ek vanweë my kinders na die laagte gegaan het, het ek as my beslis bitterste plig beskou, want ek het immers in my gees gesien hoe dit daar met my seun Waltar en naderhand met my dogter Agla, wie haar broer agterna gegaan het, voorgestaan het.
4. Kyk, U het Waltar laat gaan, en hy het na die laagte getrek; maar toe hy onder was, het U hom laat sit, en sy suster, wat hom weliswaar sonder U en my gebod gevolg het, het U laat sink tot in die onderste hel en dit het U gladnie gepla nie, wat ek wel geweet het vanuit my gees. Dan was dit tog sekerlik `n bitter plig vir my, `n ou grysaard, om die ver weg na Hanoch af te lê, om daar, indien moontlik, my kinders te red!
5. Ek het U baie dikwels gevra om my kinders te beskerm, maar U wou my bede nie verhoor het nie en het my as`t ware gedwing om na die laagte te gaan! Ek het gegaan, en hoe deur U verlate, het ek my kinders nie aangetref nie, Waltar dood en Agla in die hel, tog het ek nie teen U gemor nie, maar het altyd U heilige Naam met woord en daad geloof en geprys!
6. Maar nou, gedurende my groot ellende in die laagte het my broer, volgens U raad, die ark gebou om die lewe te behou, en laat U my sit soos `n erge sondaar en laat my ten gronde gaan soos `n lae erdwurm; daarom vra ek U: Volgens watter reg het U dit gedoen en volgens watter orde? Sê U nou wat U wil; die saak is nou eenmaal so en nie anders nie!
7. Want of U nou ookal sal sê: “Wanneer het Ek gesê dat jy ten tyde van die nood geen gebruik van die ark mag maak nie, ook al het Ek vir Noag geroep?”, het die verontskuldiging vir my geen enkele waarde nie; want U het my juis daardeur geoordeel, omdat U my nie geroep het soos Noag nie, en U verswyging teen my was juis ook `n woord wat my die toegang tot die ark versper het en my dus ook geoordeel en tot die dood verdoem het.
8. En sien, Heer, daarom is dit U eintlike sonde teen my, omdat ek nooit teen U gesondig het nie! Maar nou sê ek aan U: Van nou af aan sal ek teen U sondig, sodat U `n rede sal hê om die ark vir my te versper en my met my vier kinders te laat vergaan; want van nou af aan sal ek nie meer tot U roep: “Heer, red my!” nie, maar: “Heer, verderf my!”
9. Hierop word die gesig van die Heer bedroef en die Heer het met Mahal gepraat: “O seun, omdat Ek jou so liefhet, wil Ek jou op hierdie aarde opvoed tot `n groot vors van My hemele! Maar jy sien in My oorgroot liefde slegs `n verwaarlosing van My, ten opsigte van jou; o, hoe blind het jou eie geregtigheid jou nie gemaak nie!
10. Sodat jy egter kan insien dat Ek hierdie ark nie slegs vir Noag nie, maar vir elkeen laat maak het, sal engele uit die hemele hulle vanaf dié uur onder die mense begewe en hulle waarsku teen die sondes en hulle uitnooi om hierdie ark te betree gedurende die tyd van nood!
11. So sal jy nou ook jou seun Waltar sien en spreek, en hy sal aan jou `n getuienis gee oor My en sê of Ek hom so verlaat het, soos jy gesê het toe jy My so pas beskuldig het!”
12. Hierop kyk die Heer omhoog en binne `n oomblik het daar baie duisende engele op die volle hoogte gestaan en net so was Waltar ligstralend onder hulle en hy gaan na Mahal toe, troos hom en getuig van God se eindelose goedheid, liefde, sagmoedigheid, geduld en erbarming.
13. En Mahal het Waltar gevra of hy wel Waltar was en as sodanig geleef het.
14. En Waltar bevestig vir Mahal die volstrekte egtheid van sy bestaan.
15. Eers toe begin Mahal baie toontjies laer te sing by die Heer. Maar die Heer het nou verdwyn, sodat Mahal nie geoordeel sou word nie; maar die engele en Waltar het gebly.
|
|
|
|
|