`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Muthaël se vraag omtrent die teenstrydigheid in die wese van die vrou. Die uitleg van die Heer oor die wese van die man en die wese van die vrou.

(2 Mei 1843)

29 Na hierdie uitnodiging, het daar van die môrekinders, `n jong man van bykans vyftig jaar vol moed en ywer na die Heer toe gekom en aan Hom gevra: “Almagtige Skepper, God, ons alle heilige Vader! Mag ek ook, `n stoflike wurm ten opsigte van U, die moed hê om in alle deemoed van my hart, vir U te vra om, altans vir my, `n buitengewone belangrike vraag te stel?”

2. En die Heer het gesê: “Muthaël, Ek sê vir jou, praat! Want Ek sien dat jy `n goeie vraag in jou hart berg.”

3. Muthaël dank die Heer baie innig vir hierdie genadige toestemming en het toe met die volgende gedenkwaardige vraag vorendag gekom, wat so gelui het :

4. “O Heer, God, liefdevolle, heilige Vader! Sien, ek is reeds oor die vyftig en weet dat al menigeen wat jare jonger is as ek, vir hom `n vrou geneem het; net aan my was dit tot nou toe nie gegee om nader aan `n vroulike wese te kom nie.

5. Want as ek na hulle liggame kyk, wat vir my sag en bekoorlik voorkom, dan lyk die meeste vrouens vir my baie sag, fyngevoelig en sodoende ook buitengewoon aantreklik, en ek verkry dan ook altyd `n groot verlange na `n vrou; maar as ek dan deur so `n innerlike drang die een of ander meisie nader, om met haar vanuit die diepste van my hart sagmoedige woorde van liefde te wissel, dan het ek tot nou toe nog altyd geskrik, omdat ek nêrens gevind het wat ek gemeen het om te vind nie.

6. Dikwels het ek dan gedink: Hoe is so `n teenstrydigheid tog moontlik in hierdie tere wesens? Uiterlik rimpel en golf `n sagte aandwindjie wel oor haar teerste vlees, maar haar innerlike is selfs nie ontvanklik vir `n geestelike storm nie, en manlike orkane van wysheid kan haar hart nie ontroer nie; maar wel die manlike swakhede vir vrouens, soos die vleeslike liefde, dwase vrouekomplimente, veelbelowende manlike sinnelike bevrediging en dan `n reëlregte aanbidding van hulle vlees en meer soortgelyke dinge.

7. Sien, deur sulke verskynsels het ek dan ook gewoonweg `n teensin aan alle vrouens gekry, en ek walg altyd so erg vir hulle, dat ek daarom geeneen meer kan nader nie!

8. O Heer, God en Vader, is dit egter ook korrek van my? Het ek nie in U oë gesondig daardeur nie? En wat is die oorsaak van `n soortgelyke verskynsel in my? Wat is die vrou dan eintlik, wat van buite lewe, maar van binne `n dooie wese is?” 

9. Hierop wend die Heer Hom tot hom en het gepraat: “Luister, My geliefde seun Muthaël, jou verskynsel is belangriker as wat jy dink!

10. Die eerste oorsaak daarvan lê in die feit dat jy van bo afkomstig is; die vrou kom egter van benede.

11. Jy is vervul met dieselfde, wat die lewende liefdesgees uit My is, maar die vrou is vervul met wat die gees van die wêreld is.

12. Daarom is jy ook sag en teer van binne, terwyl die vrou dit slegs van buite is.

13. Jy is `n primêre skepsel vanuit My sentrum, maar die vrou is slegs `n sekondêre skepsel, `n samevatting van My uitstraling.

14. Jy is gemaak uit die kern van die son, die vrou slegs uit die vlugtige strale van die son.

15. In jou is volle waarheid, in die vrou slegs die skyn van waarheid.

16. Jy is `n “is” vanuit My, die vrou slegs `n “skyn” vanuit My.

17. Sien, dit is die eintlike redes van jou verskynsel!

18. Die vraag of jy teenoor My gesondig het daardeur, is sinneloos. Want jy kan slegs teenoor My sondig, as jy van My `n gebod het om iets te doen of nie te doen nie; daarsonder is geen sonde denkbaar nie, omdat jy sonder gebooie volgens My riglyn handel.19. Maar nou sê Ek vir jou dat Ek ook die vroulike geslag as My kinders aangeneem het, en dit het in Purista `n voorbeeld, dus `n gebod van My, hoe dit moet wees.

20. Twee het hulle in hulle hart vas by haar aangesluit, Ghemela en Mira.

21. Wanneer `n vrou is soos sy, dan dra sy ook My beeld in haar; en as jy so `n vrou sal nader in die verhewenheid van jou hart, dan sal jy nie meer teen `n klip stamp nie.

22. Maar omdat jy van die suiwerste hart uit die môre is, sal Ek jou ook binnekort die suiwerste vrou gee, wat in alles met jou sal ooreenkom; bly daarom tot dié tyd soos jy tot nou was! Amen.”

23. Hierop word dit vir Muthaël lig voor die oë, en hy het in die diepte gesien en loof en prys die Heer in sy suiwer hart.

24. En die Heer het ook ander na Hom toe geroep, om Hom oor alles te vra wat hulle hart maar verduister het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205