`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 282

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Na die tuin van die liefdestempel onder leiding van Mahal. Fungar-Hellan by die glashouer met die kop van Waltar

(18 Mei 1844)

282 En Mahal het gesê: “Goed, vriend, ek sal met jou saamgaan, want ek is nie bang vir jou nie, omdat die Heer met my is! Maar wee jou as daar slegte gedagtes in jou hart opstyg; want dan sal jy dadelik gewaarword dat die Heer van hemel en aarde met my is! En nou wil ek met jou saamgaan!”

2. Na hierdie woorde van Mahal het Fungar-Hellan sy pragtige en baie talryke erewag byeengeroep en hom gereed gemaak om te gaan; maar op daardie oomblik het dit hom bygeval dat hy ook albei die dogters van Mahal, tesame met Kisarell, moes saamneem, omdat hulle andersins maklik `n letsel kon oploop deur die een of ander stille woede van Agla. Hy het dit aan Mahal gevra.

3. En Mahal het met die voorstel ingestem en gesê: “Dit mag jy wel doen, want dit is gevaarlik om aan `n suster wat haar broer vermoor het, ook nog die ander broers en susters vir die dood af te staan!”

4. Van hierdie woorde het Fungar-Hellan geskrik en aan Mahal gevra: “Misterieuse man, wie het jou te kenne gegee wat Agla haar broer aangedoen het vir die veiligheid van die ryk? Hoe kon jy geweet het wat nog grotendeels `n geheim vir onsself is?”

5. En Mahal het gesê: “Ek kan dit weet, omdat die Heer dit vir my gesê het; maar julle is nie in staat om iets te weet nie, omdat julle julleself al lankal eindeloos diep in die volledige nag van die wêreld en dus in die hel bevind, waarin geen goddelike ligstraal heers nie, maar slegs die toorn van God, die nag en die dood van die gees!

6. Maar laat ons nou eers daarheen gaan waar my gees jou sal lei, waarna ek jou dan sal volg waarheen jy my sal bring!”

7. En Fungar-Hellan het gesê: “Goed, gaan julle dan op weg en ek sal sien waarheen jy, geheimsinnige man, my die weg sal wys as `n vreemdeling in hierdie buitengewoon groot stad!”

8. Na hierdie woorde het Fungar-Hellan, Mahal, Kisarell, Pira en Gella hulle gereedgemaak vir vertrek, en Mahal het Fungar-Hellan reëlreg na die tuin van die voormalige skoonheidsgodinne gelei, waaroor die generaal hom hoogliks verwonder het dat hierdie vreemde man deur die tallose strate in hierdie stad, die weg gevind het.

9. En toe hulle in die tuin aangekom het, het Mahal Fungar-Hellan ook reëlreg na die plek gelei waar Agla die vorige dag in die aand laat, die hoof van Waltar in die glashouer laat inmessel het.

10. Daar aangekom het Fungar-Hellan gevra: “Wel, vriend, wat moet ek hier maak?”

11. En Mahal het gesê: “Laat eers hierdie gemesselde muur opbreek, maar versigtig, sodat jy jou daarvan kan oortuig hoe die goddelike Lig in die hart meer sien as al jou geheime spioene wie die stad en die burgers intensief bespioeneer!”

12. Fungar-Hellan het dit onmiddellik laat doen; en toe die nis van die nuwe sluitmuur oop was, het die glashouer met die hoof sigbaar geword.

13. Fungar-Hellan het hewig geskrik en luid geroep: “Maar by alle duiwels, hoe kom die kop hier?”

14. En Mahal het gesê: “Hoe kan jy dit vra? Moet jy as die verstandigste, dan nie in alle geheime van jou ryk ingewy wees nie?! Weet jy dan nie wat Agla gister vir haar bediendes opgedra het nie?”

15. Hierop kyk Fungar-Hellan baie verbaas; maar Mahal het die generaal gevra om hom verder te volg, omdat daar nog baie ander geheime was. En Fungar-Hellan het Mahal gevolg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205