`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 306

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan ry tot voor die tempel. Die verwerpte ultimatum. Die vurige kunste van die tempeldienaars

(21 Junie 1844)

306 Maar nog voordat die groot hofstoet teen die groot leër gedruk het, was die grootste deel daarvan al in volle opmars na die tempel van die smeegod, wat nie baie ver van Hanoch af geleë was nie, wat soos reeds bekend, ter ere van Thubal-Kain, die uitvinder van die ertsbewerking, opgerig was.

2. Toe die voorhoede by die dik voormuur van die tempel aangekom het, het hulle halt geroep en onmiddellike toegang van die poortwagters geëis.

3. Maar die wagters het geantwoord: “Op hierdie tyd word niemand in die tuin van die heiligdom binne gelaat nie; slegs `n deurtrapte misdadiger kan so-iets met so `n heftigheid verlang! Wat wil julle dan, so gevra, binne hierdie heilige mure hê?”

4. En die groot voorhoede het brutaalweg as antwoord gegee: “Ons wil niks meer en niks minder as juis die heiligdom op bevel van Fungar-Hellan vir alle tye van die tye tot op die grond verwoes en voorts die weerbarstiges onder julle `n bietjie doodslaan of ombring, waarvoor julle die liefste is! Maak daarom nie veel onnodige druk nie, want agter ons kom `n leër van tweemiljoen stryders!”

5. Toe die poortwagters dit verneem het, het hulle baie sagter geantwoord: “Ja, as die sake so lyk, dan moet ons dit tog eers aan die opperpriester van hierdie tempel meld, sodat hy julle, as afgesante van die groot, almagtige Fungar-Hellan, waardig kan ontvang!”

6. Maar die voorhoede het gesê: “Die opperpriester mag dit nie weet voordat ons die tempel reeds volledig verwoes het nie; maak die poort daarom maar vinnig oop, anders sal ons dit met geweld oopbreek!”

7. Toe die poortwagters hierdie woorde gehoor het, het hulle luid geroep: “O julle infame spitsboewe, o julle uitgeworpenes van die hel! Dit is dus julle plan! Julle wil maar net die heiligdomme van die tempel roof en steel! Die mooi goud en silwer wil julle hê! O wag maar net so; die moeite sal julle bespaar word! Ons gee hierdie muiters nou dadelik by die opperpriester aan, en hulle weg sal op `n wyse verkort word, waarvan tot op hede, selfs geen duiwel nog ooit van gedroom het nie!”

8. Daarna het `n paar poortknegte dadelik na die opperpriester geloop en dit aan hom meegedeel.

9. En hy het in `n woede ontsteek, groter as die van `n tier, sy hele krygsmag byeen gedryf en het onmiddellik al sy helse vuurkunste in werking gestel.

10. Berge het op verskillende plekke vuur begin te spuit; die hele tempel was weldra gloeiend en uit die groot tuinmuur begin ook oral vuur te spuit, en dit was alles binne `n uur bewerkstellig.

11. Toe die voorhoede `n sodanige woede van die vuur gesien het, het hulle na die groot leër teruggetrek, wat ook halt geroep het, omdat hulle ook nie in die ware vuursee durf deurdring nie.

12. Intussen het die hofstoet ook die leër bereik, en selfs Fungar-Hellan was verbaas oor dié vuurspektakel rondom die tempel van Thubal-Kain.

13. Maar Mahal het aan hom gesê: “Laat hulle maar `n dag lank hulle vuurkunste toon; môre sal ons hulle `n storietjie laat sien!”

14. En Fungar-Hellan het dit as `n bevel aan die hele leër meegedeel; en almal het `n hele dag lank gekyk na die enorme spektakel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205