`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 364

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Noag se woorde oor die valse berou van Gam. Die gesprek tussen die drie seuns van Noag. Gam se edele wraak. Die bode van die Heer uit Salem oor die afstaan van die tiende deel

(6 September 1844)

364 Toe het Gam goed ingesien dat hy verkeerd en baie liefdeloos teenoor sy vader gehandel het en dit het hom baie erg berou.

2. Dit het beide geseënde broers gemerk en hulle het na Noag gegaan om hom te vertel hoe baie Gam sy sonde teen hom berou het.

3. Maar Noag het gesê: “Luister, my geliefde seuns, ek sien wel dat Gam huil, maar hy huil nie vanweë my vaderhart nie, maar hy huil vanweë sy knegskap! So het hy wel berou oor sy misdaad teenoor my, omdat hy daardeur in knegskap verval het; maar omdat hy my vaderhart pyn aangedoen het, berou hy nie sy sonde nie! En daarom bly hy `n kneg, omdat hy nie weet dat die lewende hart van sy vader hoër staan as sy knegskap nie! Gaan bring dit oor aan hom!”

4. En Sem en Jafet het dit dadelik aan Gam vertel.

5. Maar hy het gesê: “Waarlik broers, as Noag `n lewende hart het, dan sou hy my nooit tot ewige knegskap vervloek het nie; maar omdat hy geen lewende vaderhart in sy bors dra nie, doen hy dit!”

6. Toe het Sem gesê: “Waarlik, nou doen jy jou vader `n groot onreg aan, want so praat slegs jou eieliefde! Die hart kan slegs weer deur die hart gevind word, of daar nou wel een is al dan nie!

7. Sou jy `n hart gehad het vir jou vader, dan sou jy ook syne gevind het; maar omdat jy nou juis geen hart vir jou vader het nie, kan jy ook geeneen vind daar in jou vader nie, en dit is nou begryplik waarom vader in jou niks vind wat soos sy eie hart is nie!”

8. Hierdie les het Gam egter vererg, waarop hy vrou en kinders geneem en enkele koeie, osse en skape en weggetrek het in die rigting van die streek van die teenswoordige Sidon en Tirus en hy het die land na sy seun vernoem en toe gesê:

9. “Nou, in die Naam van die Heer, Wie my ook geseën het, wil ek wel eens sien hoe, waar en wanneer ek `n kneg van my twee broers sal word!

10. Waarlik, die vloek van Noag, van my vader, gee my pyn, ofskoon ek dit wel verdien het! Daarom wil ek my ook wreek teen my vader en my broers, maar nie deur iets boos nie, dit is ver van my! maar deur seën wil ek my wraak uitoefen!

11. Wie my vervloek het, sal ek seën; en hierdie seën sal tot gloeiende kole word op hulle hoofde en sal hulle harte laat brand! En so sal die land van my seun nooit `n land van vervloeking en knegskap word nie, maar sal `n land van heerlikheid en seën heet!

12. So mag dit nooit met my stam gebeur, dat hulle moet werk soek in die hutte van die nakomelinge van my broers nie; maar hulle sal wel in dié geseënde land inkom en in my stede huisvesting soek en neem! Amen.”

13. Toe het daar `n bode uit Salem gekom wat aan Gam gesê het: “Dié land is deel van Salem; wie dit wil bewoon, moet na Salem gaan en aan die Koning van die konings van alles `n tiende gee!”

14. En Gam het gesê: “Heer, hier is alles wat ek het; neem dit, want dit is immers van U af sedert die ewigheid!”

15. En die bode het gepraat: “Omdat dit jou wil is, is dié land geseën vir die kinders van die Heer; en jy sal hulle getroue kneg wees!”

16. Dit het Gam welgeval, en hy het dadelik `n tiende van alles gegee; maar hy het nie begryp dat die bode die nakomelinge van Jafet as die kinders van die Heer aangedui het nie.

17. En so het die Gamiete en die Kanaäniete tot aan die tyd van Abraham, ongestoord in daardie land geleef, omdat Gam diegene wie hom vervloek het, geseën het.

18. Nog `n weinig in die volgende!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205