`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 339

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die uitnodiging van die Heer aan Mahal. Mahal se dwase teenvrae en die wyse en sagmoedige antwoord van die Heer oor dood en onsterflikheid. Mahal se vraag na die oorsprong van Satan en sy fundamentele boosheid en die duidelike antwoord van die heilige Vader

(7 Augustus 1844)

339 En so het die Heer gepraat: “Sien, My seun Mahal, jy het My so streng ter verantwoording geroep en is nou stil en jy wil liewer nie met My praat en twis oor My sonde teenoor jou, asook teenoor die hele mensegeslag nie! Maar as jy nou niks meer te sê en te bespreek het nie, hoe sal Ek dan `n skadevergoeding vir jou kan aanbied?!

2. Maar Ek sê vir jou: Sit vir My uiteen wat nie korrek is aan My skepping nie, en Ek sal dit oombliklik verander; jy moet My egter eers grondig bewys dat daar in My skepping werklik iets boos en bygevolg iets verwerplik bestaan! Praat, en Ek sal dadelik daarvolgens handel!”

3. Hierop het Mahal `n tydjie nagedink, toe opgestaan en aan die Heer gesê: “Heer, beskou U iemand as verstandig wat `n buitengewoon kunssinnige werkstuk met die grootste en deugsaamste doelmatigheid tot stand gebring het, maar wanneer dit volkome voltooi is, dit in stukke breek en dit in `n kuil gooi waar dit verrot en vergaan?!”

4. En die Heer het gesê: “As `n werkmeester dit sommer sou doen, dan sou hy sonder meer `n dwaas wees en is die verdoemenis werd; maar as die werkmeester `n hoër heilige doel daarmee verbind, wat volstrek nie te bereik is sonder so `n gebeurtenis nie, wat vir jou dwaas en onverstandig lyk, dan handel hy sekerlik baie verstandig en wys wanneer hy so `n werk, ook as dit kunstig gemaak is, ter vernietiging in `n afvalkuil gooi, want hy bereik daardeur immers `n hoër en heilige doel!

5. Sien, `n saadkorrel is beslis ook `n hoogs kunssinnige werkstuk, wat sy konstruksie betref sowel as sy substansiële bestanddele waaruit hy saamgestel is; maar vind jy dit onverstandig dat hy eers in die aarde moet ontbind om vervolgens uit die ontbinding weer honderdvoudig te verrys?!

6. Wanneer die wyse Werkmeester van die dinge, egter al by `n gewone saadkorrel so `n voorsiening getref het, dink jy dan dat Hy die voorsiening in sy hoogste voltooiing by die mens opsy sou gesit het en Hy die eindeloos volkome werk maar net in die ontbindingsgraf sal stort, om Sy grille te bevredig?!

7. O Mahal, hoe blind moet jy nie wees as jy My as so `n dwase werkmeester beskou! Sê jou eie gevoel jou nie dat jy ewig wil lewe en My eindeloos baie werk intenser sou wil beskou nie?! Dink jy dat jy daardie gevoel sou gehad het as jy slegs vir `n tydelike bestaan geskape sou gewees het? Waarlik, Ek, jou Skepper, sê vir jou, dat jy dan ook maar net `n tydelike en geen ewige lewensdrang sou gehad het nie!

8. Maar aangesien jy `n ewige drang tot lewe in jou het en jy in die oneindige kan kyk, dra jy immers die lewende bewys in jou dat jy nie in jou graf sal vergaan om as `n onvolkome werk van My hand vernietig te word nie, maar om juis deur die middel wat vir jou onverstandig lyk, dieselfde in alle volheid en voleinding te bereik, wat jy in die voorafgaande voorbereidende werk gevoel en werklik vir ewig begeer het!

9. Sien, die aarde is `n liggaam waaruit baie gebore word, en jy weet nie hoe dit gebeur nie; daarom moet ook jou aardse liggaam weer in die aarde geplaas word, sodat jou geestelike, onverwoesbare liggaam vry in alle volheid tot die ewige lewe kan opstaan!

10. Jy het in jou lewe al baie bewys daarvan gekry dat dit so is, deurdat jy al met baie gepraat het, wie se liggaam ook in die aarde geplaas is.

11. Ek meen derhalwe dat jou geoordeelde beskuldiging aan My ongegrond is; gaan daarom oor na `n ander, want daarmee sal jy geen skadevergoeding van My kan verlang nie!”

12. Toe Mahal hierdie woorde van die Heer gehoor het, was hy daarvan oortuig dat die Heer in dié punt volkome korrek gehandel het; maar hy het aan Satan gedink en aan die Heer gesê:

13. “Heer, ek sien dat, volgens U ewige ware woord, die inrigting van U werk goed is, omdat U sekerlik maar net langs hierdie weg die hoogste doel met U werk kan bereik; maar wanneer alles so goed en volkome van U uitgegaan het en daar in die hele oneindigheid buite U niks is nie en alles wat daar is, bygevolg goed en volkome soos U moet wees, o sê my, wat is dan die oorsprong van Satan en sy onbegrensde boosheid? Waar kry hy dieselfde vandaan, waarmee hy nou alle mense teen U opgerui het, sodat hulle U verag en as dit moontlik sou wees, Uself met al U werk te wil vernietig? O sê my, wie is Satan se skepper en werkmeester?!”

14. En die Heer het gepraat: “O jy, blinde verdediger van jou blinde aansprake van jou selfsug, waaroor praat jy?! Het jy dan vergeet hoe volkome Ek die mens geskape het, sodat hy buite My almag kan doen wat hy wil, as `n tweede god volgens `n vrye orde wat deur hom bepaal word?! Dink jy dat Satan as vry wese minder volkome is as jy?! As jy teenoor My kan doen wat jy wil, sonder om rekening te hou met My orde, sou dit dan onmoontlik wees vir die vrye gees?!

15. Moet Ek julle nie laat handel soos julle wil, as Ek julle nie wil dwing met My almag nie?! En as dit so is, sê jy my dan hoe Ek die eerste gees moes gevorm het, dat hy volgens jou idee gedwing was om in My orde te handel, maar daarby tog `n volkome vrye wil moet hê! Of bestaan die voleinding van die wesens nie in die feit dat hulle heeltemal vry kan wil en handel nie, of dit nou ooreenkomstig My orde is, of in stryd daarmee!”

16. Hierop het Mahal opnuut geswyg en het nie geweet wat hy verder moes sê nie.

17. Maar die Heer het as volg verder gepraat.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205