`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 260

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die een-en-twintig vermoorde vrouens van Waltar word ter besigtiging in die liefdestempel neergelê. Die troep soldate van die opperpriestergeneraal is ontsteld oor die wreedheid van koningin Agla

(20 April 1844)

260 Daarop het Agla die agtervolgers beveel om die vermoorde vrouens in swart doeke toe te draai en hulle vervolgens ook in die tuin van die skoonheidsgodinne te begrawe; maar eers moes hulle hulleself `n dag lank heeltemal naak in die tempel van hierdie godinne ten toon gestel het, sodat die godinne hulle daaraan kon verlustig.

2. Maar die dienaars het aan die koningin gesê: “Groot, magtige heerseres! Dit durf ons nie doen nie, want die volk hou baie van hierdie godinne en wanneer ons hulle te veel sal verskrik en beledig en hulle dan by die volk kla, kan dit baie slegte gevolge hê, vir sowél ons, as vir u majesteit, groot, magtige heerseres!

3. Want wie wreed wil wees, moet takties te werk gaan, sodat `n mens nie die wreedheid vir hom aanreken nie; anders loop hy weldra groot gevaar en sal daar beslis aan sy doen en late paal en perk gestel word! Laat u majesteit hierdie keer ons raad opvolg en hierdie lyke êrens heimlik begrawe, dan sal alles goed en onopvallend voor die groot volk gebeur!”

4. Na hierdie goed bedoelde teenspraak van die dienaars, het Agla soos die bliksem opgespring en haar dolk getrek vir elkeen, wat haar nie oombliklik stip sou gehoorsaam nie, gedreig.

5. En die agtervolgers moes gedoen het wat die koningin wil.

6. Die lyke was dus losgemaak en elkeen in `n swart doek toegedraai en op klaarligte dag op een-en-twintig kamele na die groot tuin gebring en daar, in die tempel van Naëhme, heeltemal ontbloot ten toon gestel.

7. En nadat die beuls die lyke uitgestal het, het hulle daar soos diewe weggehardloop en die kamele en alles in die steek gelaat, en hulle het aan mekaar gesê: “Hierdie keer het ons heelhuids daarvan afgekom; vir alle volgende soortgelyke opdragte moet die furie van `n koningin ander dienaars soek! Ons sal haar, net soos die koning, nie meer dien nie!”

8. Die opperpriestergeneraal het egter deur sy geheime informante reeds alles verneem wat Agla gedoen het en dadelik `n sterk troep soldate na die godinne gestuur.

9. Op hulle terugtog loop die dienaars van die koningin presies in die val van hierdie soldate en hulle was dadelik gevange geneem. As gevangenes moes hulle nou weer dadelik omdraai en die soldate na die plek bring waar hulle die lyke neergelê het.

10. Toe die soldate met die dienaars in die tempel aangekom het, en hulle die lyke sien, wat nog deur geeneen van die godinne gesien was nie, het die aanvoerder aan hulle gevra of hulle die heerlike vrouens doodgesteek het.

11. En die agtervolgers het die saak verduidelik.

12. Daarop het die aanvoerder van die soldate uitgeroep: “By alle gode en by die Oergod Self! Hierdie koningin is die lewende Satana self, waarvan daar in die boeke van Kinkar melding gemaak was, want so `n wreedheid is ongehoord!

13. Maar hoe kan ons van hierdie slang van die slange bevry raak? Sy sit op die troon en die hele hel staan haar ten dienste! Dit sal binnekort `n lewe in hierdie stad word waarvoor tiers en hiënas op die vlug sal slaan!”

14. Daarop het die aanvoerder hom tot een van die soldate gewend en gesê: “Hier moet `n voorbeeld gestel word! Laat die balsemers kom! Ek wil die lyke laat balsem, sodat hulle nie vergaan nie, en sal hulle ter algemene aanskouing hier in die tempel in glas grafstene lê met die opskrif: “Die helse werk van die koningin!”

15. En julle dienaars, grawe die kop van Waltar onmiddellik op; dit moet ook gebalsem word, en ek sal dit dan in `n aparte glashouer bokant die doodskiste van sy vrouens plaas met `n passende opskrif!”

16. En alles het dadelik gebeur volgens die vaste wil van die aanvoerder.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205