`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 256

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Gurat maak Agla die hof. Die verklaring van die teleurgestelde Waltar aan sy suster en aan die koning. Agla verstaan die vroulike kuns om Waltar se liefde te beproef. Die bedriegde Waltar

(30 Maart 1844)

256 Toe Waltar se suster in die kasteel na die koning gebring was en hy haar van kop tot toon bekyk het, het hy hom buitengewoon verwonder oor haar skoonheid en het Waltar dadelik laat haal om sy mooi suster aan hom voor te stel, sodat hy sou bevestig dat sy sy suster was. 

2. Maar toe Waltar vir Agla sien, het daar dadelik trane van vreugde in sy oë gekom, en hy het haar om die hals geval en gekus en haar as sy mees geliefde suster begroet.

3. Toe dit vir die koning goed duidelik geword het dat dit werklik Waltar se suster was, het hy na hom toe gegaan en gesê:

4. “Luister, my beste Waltar! Jou suster is `n wêreldwonder; haar skoonheid oortref al my vroeëre voorstellings, en as ek bedink dat dié meisie een-en-sewentig jaar oud is, dan staan sy nie as `n menslike wese voor my nie, maar as `n suiwer hemelse godin wat nooit ouer word nie, maar die ewige jeug self is.

5. Weet jy wat: Ek het tot nou toe nog geen vaste vrou geneem nie en het nog geen meisie `n koninklike kroon op die hoof gesit nie; jou suster wil ek terstond tot my vaste vrou neem en ek wil haar koninklike klere gee en `n pragtige kroon op haar hoof sit!

6. Sê my, Waltar, is jy tevrede met dié voorstel, en sien jy die groot voordele wat dit vir jou sal meebring, as jou suster koningin van die onmeetlike ryk Hanoch word?”

7. Hierop het twyfel en skrik Waltar oorval en hy het `n tyd lank by homself nagedink en het nie geweet wat hy eintlik daarop moes sê nie.

8. Maar vir Agla het dié voorstel dadelik beter geval as haar broer en sy het aan hom gesê: “Wat wil jy dan doen in die huis van hom, aan wie miljoene onderdanig is? Seën my voor die koning en trap jou voordele nie met die voete nie!”

9. Toe Waltar dié woorde van sy baie geliefde suster verneem het, het hy verontwaardig gesê: “Nie seën nie, maar vervloek sal ek jou in my hart, omdat jou liefde tot my, wat vir jou tot in die dood sou gegaan het, so maklik uit te doof is!

10. O koning, neem haar saam, die trouelose! Ek seën haar voor u en staan haar met elke vesel van my lewe aan u af, want vir my is sy nou nie meer die stof aan my voete werd nie.

11. Waarlik, het sy my trou gebly en nog gloeiend warm vir my liefde, dan sou ek haar tog nie van u weerhou het en ek sou `n groot vreugde daarin gevind het om aan u `n swaar en groot offer te bring! Maar so het Agla my totaal bedrieg en ek kan, o koning, u nou niks meer gee nie, omdat die trouelose haarself reeds weggegee het!

12. Ek seën haar daarom vir jou; maar in my hart is sy vervloek! Laat my nou weer na die hoogte trek om my leed daar te beween!”

13. Maar die koning het gepraat: “So, my Waltar, moet dit wees nie! Ek sal jou ook koninklike klere laat gee en sal jou dan self na die tempel van my godinne lei. Mag een van hulle jou, as formele vise-koning, geval, dan bly jy hier; en mag geeneen van hulle jou geval nie, dan kan jy weer na jou huis terugkeer en na jou huiweringwekkende berge!”

14. Hier het `n nuwe lig vir Waltar opgegaan. Hy het die voorstel van die koning aangeneem, wat wel verbasing by Agla teweeggebring het; want haar liefde vir Waltar was nog magtig, en haar voorbarige toestemming was meer `n vroulike kunsgreep om sy liefde op die proef te stel, as `n eintlike besliste toesegging.

15. Maar Waltar het dit des te beter verwelkom, want daardeur kon hy hom in `n sekere sin op Agla wreek.

16. En Gurat het onmiddellik koninklike kleding vir beide laat haal en dit afsonderlik vir hulle laat aantrek. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205