`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Kinkar se opgestoke wysheid. Bloeityd van tegniese uitvindings en kuns in Hanoch. Die godslasterlike verblinding en ontwikkeling van die Hanochiete

(2 Januarie 1844)

194 Toe Kinkar vanweë sy literêre ywer deur die volk tot bo alle sterre verhef was, het hy begin om eers goed daaroor na te dink wat hy nou verder sou doen en uitvind om sy hoogagting en gevestigde verering by die volk steeds verder te laat groei.

2. Hy het `n vindingryke gees gehad en het deur die samestelling van die twee boeke baie wysheid opgedoen; daarom was dit vir hom ook nie moeilik om allerlei dinge te vervaardig en allerlei uitvindings te maak nie.

3. Na verloop van `n paar jaar was Hanoch vol allerlei tegniese uitvindings en kuns, want die ywer van die koning het alle ander mense gestimuleer. Elkeen het nou maar net daaraan gedink om iets uit te vind en so `n nuwe uitvinding dan aan die voete van die koning te lê.

4. Allerlei denkbare masjiene, waarvan verre nageslagte selfs nou nog geen voorstelling vir hulle kan maak nie, was in Hanoch, net soos in die ander stede, uitgevind.

5. So het mens veral trek-, aandryf-, werp-, druk- en hefmasjiene gemaak van sodanige aard dat daar dinge mee verrig was waarvan die huidige wêreld hom glad geen voorstelling van kan maak nie - en dit ook beter is dat hulle dit nie kan doen nie.

6. So het hulle werpmasjiene gehad waarmee hulle laste van duisend sentenaar (1 sentinaar = 112 Engelse pond) met enorme krag myle vêr kon wegslinger, waarby ook die uitvinding van die gebonde elektrisiteit, die belangrikste rol gespeel het, wat hulle so geweet het om te intensifiseer, dat hulle werklik skrikwekkende dinge daarmee kon uitrig.

7. Hulle het ook kruit en vuurbukse, perkament en papier uitgevind; ook die geweldige krag van waterdamp was aan hulle bekend en hulle het geweet om dit op baie maniere te benut.

8. Kort en goed, in alle tegniese uitvindings was Hanoch, net soos die ander stede die huidige wêreld, `n volle vlytige duisend uitvindingsjare vooruit en dit in `n baie kort tyd!

9. So is die optiek (optiese kundigheid) nie net iets van hierdie tyd nie; in Hanoch het die mense ook die kennis gehad om groot kykwerktuie te bou. So het mense ook veel beter geweet om te gaan met die aërostatika (die leer van ewewigtoestande van die atmosferiese lug) as teenswoordig (in die jaar 1844). Die musiek was buitengewoon ontwikkel, welke egter reeds sedert Lameg algemeen ingang gevind het.

10. Met niks anders kon `n mens vir Kinkar so `n groot vreugde mee berei het as met `n nuwe uitvinding nie; daarom het dit in Hanoch dan ook daagliks van nuwe uitvindings gereën en verbeterings van dit alles wat reeds uitgevind was.

11. So was ook die beeldende kunste baie ontwikkel; en so het Hanoch spoedig gelyk soos `n kolossale towerpaleis, en Kinkar het homself byna reeds as `n god beskou, waartoe sy nog lewende vader wel die meeste bygedra het.

12. En Kinkar het kort-kort gesê: “Sou ons God geëer het in Sy ondeurgrondelike wese, dan sou ons nog op die eerste trap van beskawing gestaan het; maar omdat ons Hom eer in Sy werk, is ons nou byna aan God gelyk, want ook ons is skeppers, en wel van `n edel soort!”

13. Wat daar verder gebeur het, sal die vervolg toon!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205