`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 305

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die generaal beveel die leër om die tempel van die god van erts en smee aan te val

(19 Junie 1844)

305 In hierdie gemoedstemming het drie dae verloop, waarin die opperste veldhere die krygsvolk moes organiseer en onderrig vir die op hande synde veldtog.

2. En so het, op die aand van die derde dag, die eerste veldowerste na die koningskasteel by Fungar-Hellan gegaan en aan hom gemeld het dat daar nou al buite op die groot oefenplek `n leër van tweemiljoen geleër was en dat hulle goed uitgerus was vir enige militêre doel en dat hulle gewag het op verdere bevele van bo.

3. En Fungar-Hellan het aan die eerste veldowerste gesê: “Gaan en gee die volgende bevel: Daar word drie uur voor sonsondergang opgebreek, en die hele leërmag sal eers na die tempel van die god van die ertse en smee gaan! Daar sal die arbeiders dan na vore tree om onmiddellik te begin met die vernietiging van alles wat ook maar enigsins lyk na afgodery en natuurlik veral in die hooftempel!

4. As die mynwerkers en die priesters van die tempel hulle verset en die arbeiders wil hinder met hulle werk, dan moet daar onmiddellik `n swaar bewapende afdeling wees en die priesters, net soos die mynwerkers, met geweld tot gehoorsaamheid dwing en alle hardnekkige weerbarstiges dadelik oor die kole jaag!

5. Maar laat die priesters en die mynwerkers die tempel en die hele godedom sonder weerstand verwoes, dan moet hulle dadelik na my tent gebring word om aanwysings van my te ontvang oor wat hulle verder moet doen en leer, en waaruit hulle lewensonderhoud sal bestaan.

6. Die hoofmag moet egter altyd en oral die tempel eers met drie rye dik omsluit en noukeurig daarop toesien dat niemand van die een of ander tempel ontvlug nie!

7. Al die goud en silwer by die tempels moet versamel word en dan na my gebring word, en ek sal `n groot aantal munters saamneem en sal dadelik al die goud en silwer in gangbare munte laat omsit, waarmee die krygsmag eerstens besoldig sal word, en op dié manier sal daardie geld dan ook onder die volk kom.

8. So moet dit gebeur! Dit gebied ek, Fungar-Hellan, en koning Gurat!”

9. Na die uitgevaardigde bevel het die eerste veldowerste weer weggegaan en daardie bevel van die opperpriestergeneraal en dus ook van die koning, aan die groot leër meegedeel.

10. En Gurat het duisend kamele laat uitrus en het duisend munters geneem, wat hulle moes voorberei om met hulle gereedskap saam te gaan, en het toe nog eens sewehonderd kamele gereedgemaak vir Fungar-Hellan en sy gevolg.

11. En die volgende dag, rondom drie uur voor sonsondergang, was elkeen al op die been; die kamele was bestyg en in `n indrukwekkende draf het hulle hulle beweeg in die rigting van die groot leër.

12. Wat verder gebeur het, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205