`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 138

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die opvoeding van die sewe kinders van Uraniël op die hoogte. Die woorde van die Heer tot Uraniël. Die onderdrukking van Hanoch en sy volkere deur die raad van duisend. Die twee koningseuns as sendelinge in Hanoch sonder resultaat. Koning Uraniël se dood

(12 Oktober 1843)

138 Uraniël het by sy twee vrouens sewe kinders nagelaat, vyf dogters en twee seuns; die dogters was buitengewoon mooi, en die seuns was gewoonweg reuse. Die seuns en dogters was nie in Hanoch opgevoed nie, maar op die hoogte.

2. Want toe Uraniël hom weer in sy groot nood tot die Heer gewend en Hom gebid het om die ellende van die stad Hanoch te verlig en van die ander stede en die hele land in die laagte, het die Heer tot hom gepraat:

3. “Luister na My, jy blinde, as jy My sewe-en-sewentig jaar gelede daarom gevra het, dan het Ek jou bede verhoor; maar nou is dit te laat!

4. `n Blinde en dom volk, soos dit in die begin onder Lameg was, is maklik te bekeer, want hulle het ondanks hulle blindheid tog `n oop, gelowige hart gehad; maar so `n hoogs gekultiveerde industriële volk beskou homself wyser as wat Ek is. Hulle het My selfs gladnie nodig nie, want die wêreld het na sy mening homself geskape en alle dinge op haar en tydens haar ontstaan ook noodsaaklikerwys geleidelik aan die wette waaronder sy bestaan het. Wat moet Ek dan met so `n volk doen?

5. My kinders het hulle hoogte al lankal verlaat en het in die laagte vrouens geneem en het kragtige kinders met hulle verwek met `n totaal wêreldse verstand, wat deur hulle krag, asook deur hulle verstandelike vaardighede, heer en meester geword het oor die hele wêreld en alle dinge. Sien, wat is My plek dan daarin?

6. Daarom kan ek jou nie help nie! Maar aangesien jy My al daartoe beweeg het om met jou te praat, en jy My nou so `n sewe jaar lank gevra het om jou te help, sal Ek jou raad gee vir die welsyn van jou kinders:

7. Sien, op die hoogte lewe nog Metusalag, Lameg, sy seun Noag en jou vader en moeder! Gee jou kinders aan hulle ter opvoeding; want as jy hulle hier sal los, sal hulle geestelik en liggaamlik gedood word, aangesien jou raadshere steeds meer probeer om alle heerskappy na hulle toe te trek.

8. Bring jy hulle egter na die hoogte, dan sal jy jou raadshere `n plesier aandoen.

9. Hulle sal jou dan wel alle mag oor die leiding van die volk ontneem en jou gevange hou soos `n voël in `n hok; maar Ek wil jou seuns op die suiwer hoogte versterk en hulle dan as magtige leraars na benede stuur, wanneer jy nie meer op aarde sal wandel nie.

10. As die volk hulle sal bekeer, sal Ek My straffende regterhand terugtrek; maar as hulle die leraars gaan verstoot, dan sal Ek op aarde die hele volk, groot en klein, jonk en oud, en ook al die gediertes oordeel en dood en dan `n ander geslag op die gereinigde aarde plaas!”

11. Toe Uraniël dit verneem het, het hy dadelik sy kinders en ook sy twee vrouens na die hoogte gestuur, begelei deur enkele van sy getroue vriende.

12. Hierdie hele familie het op die hoogte in Muthaël se huis gewoon en was deur moeder Purista in alle godsvrug en liefde opgevoed; en ook die nog lewende Lameg en in die besonder Noag en sy broer Mahal het baie sorg aan die God welgevallige opvoeding van hierdie kinders bestee.

13. En toe, soos reeds bekend, koning Uraniël in die laagte gesterf het, het die duisend raadshere die groot ryk onder mekaar verdeel en het deur hulle mag die volk op `n vreeslike wyse onderdruk. Hulle het nog meer vorstedomme gestig en het van die vorste `n skatting opgeëis wat nie haalbaar was nie.

14. Want hulle wou Hanoch so veel uitgebrei het, dat die tien stede heeltemal ingelyf was by die stad Hanoch.

15. By hierdie geleentheid het Ek toe beide die magtige seuns na die laagte gestuur en hulle laat predik.

16. Maar die seuns was spoedig gegryp, geboei en toe geweldig afgeransel en met die duidelike boodskap weggestuur om nooit meer terug te kom nie; want die volk van Hanoch het God beter geken as so `n paar dom lummels uit die berge!

17. Wou hulle egter weer sin gekry het om nog `n keer as verkondigers van God na Hanoch te kom, dan sou hulle met die skommels te doene gekry het.

18. En so het die twee seuns van Uraniël bedroef teruggekeer en het op die hoogte vertel wat hulle oorgekom het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205