`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Oor die verlange van die man na die besit van baie meer mooi vrouens. Die volledig rypword van die gevoelskragte van die mens in sy liefde tot die Heer

(23 Junie 1843)

64 En Lameg, wat buitengewoon verheug was oor hierdie baie belangrike les, het verder gevra en aan die Heer gesê:

2. “O Heer en Vader, dit moet korrek wees; ek sien nou baie duidelik in dat in U heilige orde `n man slegs één vrou moet hê.

3. Maar tydens U heilige onderrig het daar `n nuwe punt in my opgekom wat, ten minste skynbaar van `n sekere geestelik morele kant beskou, by menigeen veelwywery kan regverdig.

4. Ek, as `n deur U aangestelde leier sou egter met my beperkte kennis waarlik geen argument hê om hierdie rede heeltemal verkeerd te noem nie! Daarom wil ek U dié gevaarlike punt sonder ook maar die geringste terughouding meedeel, want U het my immers allergenadig toegestaan om te praat, en daarom wil ek nou dan ook, ten opsigte van U, alles uitspreek wat my geringe kennis my ingee!”

5. En die Heer sê nou, en onderbreek Lameg ietwat: “Jy het gelyk dat jy dit gedoen het; maar gebruik nie te veel woorde en verontskuldiging vooraf nie, want tyd is kosbaar en daarby is Ek immers nie soos `n dwase mens, vir wie mens met duisend inleidings moet kom voordat hy iets begryp nie!

6. Maak daarom geen onnodige draaie nie en kom altyd maar dadelik met die hoofsaak na vore, want Ek weet immers al baie lank waaroor jy My wil vra! Daarom is dit ook maklik vir jou om te praat, omdat jy daar by My tog sekerlik van die veronderstelling kan uitgaan dat Ek jou beslis volkome sal begryp.

7. En laat Ek nou jou nog bedenklike punt weet, maar sonder verklarende omstandighede, wat Ek tenminste nie nodig het om `n voordrag te begryp nie! Praat nou dus reguit!”

8. En Lameg, ietwat verdeemoedig deur hierdie kort verbale teregwysing, het dadelik in kort bewoordings met sy punt na vore gekom, wat so gelui het:

9. “Die man het `n gevoel wat nie slegs na één nie, maar na baie vrouens uitgaan, en daardie gevoel is werklik onversadigbaar. Want as iemand reeds twee, drie en nog meer van die mooiste vrouens sou hê en hy sou dan êrens kom waar weer honderd nog weer anders gevormde mooi vrouens is, sien, dan wil hy niks meer hê nie as om ook in besit van hierdie honderd vrouens te kom!

10. Andersyds is die mens nie sy eie skepper nie, aangesien slegs U dit is; waarom is daar dan so `n begeerte in hom, terwyl dit volgens U orde nie verwesenlik mag word nie? Die mens het homself tog nie so `n gevaarlike drang gegee nie?!”

11. En die Heer antwoord daarop: “Sien, met die rykdom aan gevoel is dit net soos met die ryk toerusting om kinders te verwek.

12. Die gevoel, wat hom soos `n magtige aantrekking of drang in die hart uitspreek, is ook `n ryk verwekkingsmoontlikheid, maar dan slegs in die gees.

13. Maar wanneer die man `n wellusteling is en sy saad in die steë en strate verstrooi, sê My, sal so `n tot in die grond verswakte man, met sy deur-en-deur verwaterde voortplantingsvermoë, nog ooit in staat wees om selfs met `n goeie vrugbare vrou, `n goeie vrug te verwek?

14. Sien, dit sal hy nie! Want uit druiwe pers mens geen geesryke sap meer nie.

15. So is dit ook met die gevoelsrykdom: Laat die man maar sy gevoel in sy hart versamel en dit na My rig; en wanneer dit die korrekte rypheid aan krag bereik het, dan sal hy in My, die oergrond van alle dinge en dus ook van alle nog so mooi vrouens, die meer as voldoende en bevredigende genoegdoening vind en sal dan met daardie kragtige gevoel `n vrou met die korrekte krag kan liefhê, en dan sal die vrou van sy buurman ook nooit `n aanvegting vir hom wees nie.

16. Maar weet dat op hierdie wêreld alles in die mens slegs een te ontwikkelde aanleg is met `n eindeloos verhewe ewige doel; daarom moet hy van die in homself waargeneemde kragte nie gebruik maak voordat dat hulle volkome ryp geword het nie.

17. Soos die vrugte van die aarde slegs in die lig van die son ryp word, word die geestelike kragte van die mens ook net in My Lig ryp.

18. Daarom moet elke mens sy kragte na My rig, dan sal hy `n volkome ryp, magtige mens word in My orde. Maar wie dit nie gedoen het nie, is self skuldig aan sy dood. Begryp jy dit?”

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205