`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die begin van die leërmag. Die uitsterf van Lameg se stam met die dood van Thubal-Kain. Muthaël en Purista se seun Uraniël as koning in Hanoch

(26 September 1843)

127 Solank Hored en die tempelwagter Terhad, asook Mura en Cural nog aan die sy van Thubal-Kain geleef het, het die staat Hanoch met sy tien vorstedomme hom taamlik goed staande gehou, ofskoon mens aan die volkere uit die berge, wat hulle buite die tien stede gevestig en steeds magtiger was, `n soort krygsmag begin oprig.

2. Maar toe ook Thubal-Kain gesterf en geen manlike erfgename nagelaat het nie, maar slegs twee swak dogters (want die eertyds met Naëhme verwekte kinders van die manlike geslag was, soos bekend, heeltemal agterlik en dus gladnie in staat om die volk te lei nie) het die mense nie geweet wie nou die leiding van die volk op hom moes neem nie.

3. En omdat ook Hored, Terhad, Mura en Cural al voor Thubal-Kain gesterf het, was dit soveel moeiliker om `n goeie leier en bestuurder vir die volk te kies, omdat, behalwe die reeds baie ou Naëhme en die twee dogters van Thubal-Kain, daar uit Lameg se familie niemand meer was nie.

4. Ook die twee broers van Thubal-Kain was tevergeefs gesoek, want ook hulle het êrens op `n wêreldreis gesterf, en daarom was daar van hulle, net soos van hulle nakomelinge, geen spoor meer te vinde nie.

5. Die bewoners van Hanoch het bygevolg toe niks anders geweet om te doen nie, behalwe om bodes na die hoogte te stuur en vir Lameg op die hoogte in te lig en met hom te beraadslaag wat daar nou moes gebeur.

6. En Lameg het die bodes gevra of Naëhme met Hored dan geen nakomeling gehad het nie.

7. En die bodes het gesê: “Nóg manlik, nóg vroulik!”

8. Daarop het Lameg `n bode na Muthaël gestuur in die streek van die môre en hom laat roep.

9. Muthaël het gekom en Lameg het aan hom gesê: “Broer, jy het tog `n reeds dertig jaar oue seun van Purista! Hy is wys en vervul van die gees en die krag uit God. Hoe sou dit wees as ek my hande vir hom sou oplê en hom sou salf tot leier van die volkere in die laagte? Want daar lewe nou seker al by die driemiljoen kinders uit die hoogte, en dit sou dus gladnie verkeerd wees nie as jou seun, wat so deur God begenadig is, vir hierdie volkere `n kragtige leier sou word!”

10. Maar Muthaël het Lameg geantwoord: “Broer, jy het tog ook `n seun wat nog ryker is aan Wysheid en barmhartigheid in die oë van God! Waarom wil jy hom dan nie die hande oplê nie?

11. Lameg het egter gesê: “Muthaël, jy weet dat ek altyd volgens God se raad handel, maar nooit volgens die van myself nie! En as dit nou duidelik geblyk het, hoe kan jy my dan iets vra wat nêrens heen lei nie en nêrens goed voor is nie?

12. Of jy neem in ag wat ek jou gesê het, of jy doen dit nie, maar jy moet aan God se raad in my geen vraag stel nie!”

13. Muthaël het ingesien dat hy `n fout gemaak het, en het daarom vir Lameg om vergewing gevra en onmiddellik sy seun laat kom en hom geseën tot leier van die volkere in die laagte.

14. Toe die seun geseën en gesalf was, het Lameg tot die gevolmagtigde bodes gepraat: “Sien, hierdie jong man van die hoogte het die Heer bestem tot leier, leraar en bestuurder! Hy sal, deur die Heer gelei, julle na die stad Hanoch volg en daarvoor sorg dat julle altyd op die hoogte sal wees van die wil van die Heer!”

15. Hierop het die bodes voor die nuwe koning neergeval en hom die eerste eer bewys en toe opgestaan, God prysend, en hulle met die nuwe koning na die stad Hanoch begewe, waar hy deur tallose volksmenigtes onder groot gejuig ontvang was en die groot en heerlike residensieburg binnegelei was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205