`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 323

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

 Fungar-Hellan se vlug en die verslag van die stryd aan koning Gurat. Die opstel van `n nuwe leër van vier miljoen soldate deur Fungar-Hellan

(16 Julie 1844)

323 Onder diegene wat oorgebly het, was ook Fungar-Hellan met twee owerstes en hy het met die res na Hanoch gevlug, maar was nog `n hele ent agtervolg deur die res van die bewoners van die hoogland.

2. Toe hy in Hanoch aangekom het, het hy dadelik na Gurat gesnel, wat hom met ope arms tegemoetgekom het. Daar het hy die hoogs treurige afloop van sy veldtog aan die koning meegedeel en gesê:

3. “Broer! Nou is alles verlore! Die hooglanders het vir hulle `n vertwyfelde uitweg gebaan op `n onherbergsame plek, goed sestig uur verby die groot meer op die plek wat die skandelike, ou skurk Mahal my vooraf aangegee het! Hulle getal kon wel so `n miljoen groter gewees het as die van ons!

4. Kort nadat die ou skurk homself en sy verwante, tot op die uur vir my, op `n onbegryplike wyse, van my verwyder het en sekerlik as `n suiwer verraaier na die vyand getrek het, toe ek drie hoogs brutale afgevaardigdes eiehandig gewurg het, het die vyand ons op duisend punte woedend aangeval!

5. Daar het `n moordende slag begin en dit het drie dae en drie nagte geduur; op die vierde dag was ek verslaan tot op hoogstens tweeduisend man na, waaronder slegs duisend eintlike soldate was en moes ek op die vlug slaan om nie tot op die laaste man verslaan te word nie.

6. Die vyand het ook sekerlik wel meer as twee miljoen man verloor, want ek sê jou, ons het op die derde dag op berge van lyke getrap! My soldate het beslis dapperder geveg as die vyand, want my stryders het sekerlik goed drie miljoen man van die vyand gedood, terwyl hulle my twee miljoen nie kon kleinkry nie, maar die oormag was te groot om hulle te oormeester!

7. Maar dit beteken dat ons nou vinnig `n leër van vier miljoen soldate moet saamstel en daarmee so `n wraak op die hoogmoedige vorste van die hoogland neem, dat dit op aarde, tot in ewigheid, nie sy weerga sal ken nie! Maar ons moet hier vinnig die hand aan die ploeg slaan, - anders kry ons die hooglanders voor dit op ons nekke!

8. Wee julle, moordenaars van my volk! Fungar-Hellan word nou die koning van alle duiwels oor julle! Daar sal met so `n wreedheid teen julle opgetree word, dat die ergste en boosaardigste Satan daarvan sal huiwer! `n Duisendvoudige vloek oor jou, aarde, en oor alle skepsele op jou bodem; ek sal jou die doodsteek gee! Nou voorwaarts, laat ons `n leër saamstel, `n vreeslike leër!”

9. Oor hierdie woorde het Gurat geskrik en kon nie praat nie.

10. Maar Fungar-Hellan het onmiddellik weggegaan en die kragtigste maatreëls vir die rekrutering en werwing geneem.

11. En binne `n maand het daar reeds `n slagvaardige leër van meer as vier miljoen man om en in Hanoch gestaan.

12. Wat verder, in die volgende!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205