`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 325

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Koning Gurat is bedroef oor die weggaan van Mahal en uiter sy bang vermoedens aan Fungar-Hellan. Die slim antwoord van die generaal en die bou van trappetorings

(18 Julie 1844)

325 Maar toe Fungar-Hellan die nuwe groot leër in die laagte opgestel het en `n groot aantal bouers uitgestuur het, wat hoë torings teen die loodreg afgekapte bergwand moes bou, voorsien van breë trappe, het hy nogmaals na koning Gurat gegaan, wie hy bedroef aangetref het, en hy hom na die rede van sy verdriet gevra.

2. En die koning het geantwoord: “O beste vriend, as ek daaroor dink dat ons die man van God nie meer aan ons kant het nie, oorval `n groot droefheid my, en jou eerste uitroep, “Ons is verlore!” wat jy geslaak het, toe jy na jou ongelukkige veldtog by my aangekom het, kom steeds lewendiger in my siel na bo! 

3. Want sien, wat sou al ons versigtigheid voor nut gehad het, as Mahal se Wysheid ons nie gelei het, toe die hele Hanoch, saam met die onderpriesters, vooraf teen ons saamgesweer het?!

4. Maar omdat jy waarskynlik op `n sekere tydstip êrens wreed in stryd met sy raad gehandel het, het hy jou verlaat en het hy na die hooglanders oorgeloop en sal nou hulle leier wees!

5. Waar jy ook maar iets teen hierdie vorste sal onderneem, sal hulle groot wysheid jou van `n groot afstand deursien en sal weet om al jou planne te verydel, en ons verslaan en ten gronde rig soos wat jy dit aan sy sy met alle tempels gedoen het, waarby ook al jou mag van geen enkele nut sou gewees het, as jy nie die mag van die man van God om jou heen sou gehad het nie!  

6. Daarom is ek nou ook vas daarvan oortuig, dat die bou van jou honderd torings ons weinig sal baat en netso min die geweldige, nuwe leër wat ons daagliks vyf-en-twintigduisend pond goud kos, en wat ons desondanks nooit ooit maar `n armsalige silwerling sal oplewer nie!

7. O, was dit maar moontlik dat Mahal weer deel van ons mag kon word, net soos sy liewe kinders, dan sal ons veilig binne ons mure wandel; maar sonder hom sal dit spoedig onveilig word om deur die stege en strate van ons stad te loop, omdat ons almal blind is en nie kan sien waar `n afgrond op ons wag nie!”

8. Toe Fungar-Hellan dit van Gurat verneem het, het hy begin om diep na te dink en het nie geweet wat hy die koning moes antwoord nie.

9. Eers na `n tydjie het hy gesê: “My koning en my vriend, jy het wel gelyk en daar is niks daarteen in te bring nie; maar omdat ons nou eenmaal blootgestel is, is dit tog beter om iets vir ons veiligheid te doen, as om glad niks uit te voer nie!

10. Wel het ek die vreeslikste wraak vir die vorste gesweer, netsoos teen Mahal, maar aangesien my toorn `n bietjie gelouter is, sal ek dit ook nie so erg met my eed opvat nie; maar ons moet tog altyd bewapen wees, omdat ons tog vir geen uur seker kan wees daarvan, dat die volkere uit die hoogland, nie `n geweldige oorval op ons sal maak nie! 

11. Aan Mahal se Wysheid het ons nou niks. Daarom moet ons onsself tog soveel as moontlik beveilig, as ons nie elke oomblik ons ondergang verwag nie!

12. Origens, as Mahal nou hierheen sou kom, dan sal ek hom weer netso vriendelik opneem as wat hy vroeër in hierdie kasteel opgeneem was; en ek dink dat niemand iets meer vir hom sal kan doen nie! 

13. Maar hoe sal hy hierheen kan terugkom? Oor die slagveld sal hy nie gaan nie: Daarom moet die bou van my torings so vinnig as moontlik plaasvind, sodat ons `n bode na Mahal kan stuur wat hom weer binne ons mure moet bring, as hy nog in die lewe is!”

14. Met hierdie woorde was Gurat dit eens en daarom het hy die generaal aangeraai vir die konstruksie van tenminste één toring by die afgesteekte bergwand.

15. En Fungar-Hellan het dit so vinnig hy kon, gedoen; en binne dertig dae het daar `n toring, heeltemal gereed, by die bergwand gestaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205