`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 350

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Noag dra die klein ark aan Mahal oor. Mahal se koppige eis aan die Heer. Die drie kinders van Mahal word deur die vuur van God se toorn weggeneem

350 Toe Noag ook met die klein ark vir Mahal klaar was, het hy aan hom gesê: “Nou dan, hier is die voltooide ark van jou hardkoppigheid! Maar sien toe dat die Heer hom vir jou en jou drie kinders seën; anders sal hy jou weinig veiligheid bied!

2. Ek het hom geseën deur die bou, maar dié seën alleen sal vrugteloos wees sonder die seën van die Heer! Gaan daarom na die Heer, gee Hom die eer en vra Hom om hierdie ark te seën vir jou veiligheid!”

3. Maar Mahal het gesê: “Jy praat volgens jou aard en ken nie my nood nie! Is ek nie `n mens soos jy nie, en het ons nie één vader en één moeder nie?! Die Heer het jou selfs gebied om hierdie ark te bou volgens die gegewe mate vir jou redding, terwyl jy Hom tog nie daarvoor gevra het nie, maar vir my het Hy op die aarde laat rondloop soos `n wilde dier vanweë my kinders, en het my nie gesê dat ook ek `n reddingsark vir myself moes bou nie!

4. Hy het wel deur my gevoel met my gepraat en het my in die laagte getoon wat ek moes doen en ek het dit altyd gedoen, maar oor `n redding het Hy nooit iets met my gespreek nie, terwyl ek tog net so suiwer was as wat jy is!

5. En kyk, daaruit bestaan die nood van my hart; en ek wil daarom niks doen nie en wil wag op die uitdruklike woord van die Heer! Wanneer Hy duidelik met my sal praat, sal ek ook duidelik volgens Sy woord handel! Maar dwing tot iets wil ek die Heer, nóg deur `n bede, nóg deur `n offer; eerder sal ek ten gronde gaan, as om die Heer in Sy vryheid van handel teenoor my te beïnvloed!

6. As Hy hierdie ark vir my wil seën, dan sal Hy dit doen sonder my versoek, soos wat Hy jou opgedra het om die ark te bou sonder jou versoek; maar wil Hy dit nie, dan sal ek geen gebruik maak van die ark nie, maar sal met die gesin van my moedig die bittere lot van miljoene deel en sal bowendien nog getuie daarvan wees hoe die slegte mense vir hulle misdadigheid sal boet! Amen.”

7. Daarna het Mahal opgestaan en saam met sy drie kinders verder die bos ingetrek en daar gewag op die woord van die Heer.

8. Maar die Heer het hom drie dae lank laat gaan; maar op die vierde dag begin die lug toe te trek met wolke.

9. Toe het Mahal kwaad geword vir die Heer en gaan geweldig teen God tekere, en dit op `n toon wat nooit meer verneem sal word op aarde nie.

10. Toe Mahal hees geword het van sy laster, het `n vuur uit die wolke na die aarde voor Mahal neergedaal, en uit die vuur het `n Stem gepraat:

11. “Mahal, jou ontaarde! Ek het genoeg van jou gelaster! As jy vind dat Ek, jou God en Heer, geen eer waardig is nie, beskou Ek jou ook nie werd om gered te word nie!

12. Bly dus hier en wees getuie van My toorn oor die aarde en oor jou; maar jou kinders neem Ek van jou af weg, omdat hulle nie ingestem het met jou lied nie, en so sal jy My in ieder geval in My toorn leer ken, omdat jy My nie in My liefde wil erken nie! Laat dit geskied!”

13. Hierop het die vuur die drie kinders gegryp en hulle oombliklik tot as verteer. En Mahal het nou alleen agtergebly en was verstom van ontsetting.

14. Wat verder, in die volgende!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205