|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 302
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die huigelagtige woorde van Drohuit en die antwoord van Fungar-Hellan. Agla in die growwe boetekleed.
(15 Junie 1844)
302 Maar nou wil Drohuit, wat die reëling ten aansien van hom baie goed gehoor het, om ook deur `n weliswaar gekunstelde ween en kla oor homself en oor sy sonde teen Fungar-Hellan en God homself uit sy hok bevry.
2. Fungar-Hellan het egter gesê: “Die gesang van hierdie voël is vir my baie goed bekend, want dit is geen natuurlike gesang nie, maar ingestudeer! Aangesien mens maar al te goed weet welke voëls hulle tot kunssangers laat afrig, is dit wanneer mens sulke kunsmatige gesang hoor, ook gladnie moeilik om te raai of dit van `n spreeu, `n merel (swart Europese voël) of `n goue lewerik afkomstig is nie!
3. So herken ek hier, al met die eerste oomblik, die gesang van hierdie voël wat, nóg `n spreeu, nóg `n merel en glad geen goue lewerik is nie, maar duidelik herkenbaar is as `n egte doods- en roofvoël, wat die stem van klein voëltjies naboots om hulle nader aan sy kloue te lok! Nou, ons is egter geen dwase meer nie en sal ons nie deur hom in die een of ander struikgewas laat lok nie!
4. Daarom mag hy nou ween en kla soveel hy wil, hy sal tog in sy getraliede huis bly, soos wat vroeër deur my uitgespreek was!
5. Ek sien wel dat hierdie straf vir sy sonde veels te lig is, want hy het dit verdien om `n duisend maal gedood te word; slegs aan die groot Mahal, hierdie ware profeet van God, het hy dit te danke dat sy straf so eindeloos lig geword het!
6. Werklik, as ek iets te sê gehad het, sou ek ter plaatse `n ander straf voorgeskryf het! Hier het dit net op die wil van God neergekom, Wie ek vanaf hede bo alles gaan respekteer; en so is hierdie voël ook `n meer as ligte straf deur my opgelê, omdat dit deur die profeet van God aangegee was! En nou niks meer hieroor nie!”
7. Toe Drohuit hierdie woorde van die generaal verneem het, het hy verstom en nie meer het gekla en gehuil nie en het ook geen sondes meer ten gehore van die groot geselskap, wat hulle in die saal bevind het, beken nie, wat by baie `n gelag teweeggebring het, omdat hulle ingesien het hoe skerp Fungar-Hellan die gevangene in die hok getref het.
8. Nou het Agla nog haar koninklike klere aangehad en daarom gaan sy na Fungar-Hellan toe en het gesê: “O, jy deur my so baie miskende, edele man! Kyk, ek as `n allergrootste sondares ten opsigte van God, van jou, van die koning, van my vader en van alle mense, dra nog koninklike klere oor my onwaardige liggaam! Ek versoek jou daarom om hulle van my af te neem en my die mees gewone harige kleed te gee wat pas by `n sondares wat boete doen, want hierdie pragtige klere brand my siel soos `n magtige vuur!”
9. Toe Mahal en Fungar-Hellan dit verneem het, het Mahal aan die generaal gesê: “Broer, gee haar waarvoor sy jou vra!”
10. En Fungar-Hellan het onmiddellik gedoen wat Mahal vir hom gesê het.
11. En Agla het saam met haar vader na `n syvertrek gegaan, haar verklee en het in `n grys harige kleed saam met haar vader na die geselskap teruggekom.
12. En Fungar-Hellan het groot vreugde gevoel oor Agla se bekering; en ook die ander in die geselskap het Agla geloof vir dié daad.
|
|
|
|
|