|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 112
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die verstoorde nagrus van Adam en Eva in die hut van Uranion. Adam se brandende nuuskierigheid deur Eva in toom gehou
(5 September 1843)
112 Toe Adam weer tot rus gekom en alles hom weer in die ou orde bevind het, het hy gesê: “Kinders, ek is moeg en my ledemate het `n groot verlange na rus; daarom sal ek my ter ruste begewe. Uranion, bring jy vir my en Eva na die goeie rusbed!
2. Julle, kinders kan solank opbly as wat julle wil en julle hoef julle nie aan my te steur nie; maar ontvang wel eers my vaderlike seën!”
3. Hierop het Adam al sy kinders geseën en begeef hom daarna met Eva ter ruste.
4. Maar toe hy hom nog maar nouliks op die voortreflikste plek van Uranion se groot woning ter ruste gelê het, sien, het Purista met Muthaël en twee vreemdes die woning van Uranion binnegekom, waardeur daar by die hele geselskap, wat nog wakker byeen was, groot vreugde ontstaan het.
5. En toe Adam, ver op die agtergrond, op `n verhewe stellasie gerus het, die onverwagte vreugdevolle opwinding by die agtergelate geselskap opgemerk het, het hy by homself gesê: “Wat sou tog daar voorgeval het? Ek hoor begroetings van alle kante! Daar moes iets besonders gebeur het!
6. Staan ek nou op om te kyk wat daar aan die gang is, dan lyk dit of ek baie nuuskierig is, en gaan ek nie daarheen nie, dan sal die onrus my vas en seker die hele nag pla en sal ek my ledemate maar weinig rus kan gun!
7. Die gejuig word steeds sterker, steeds luider en vreugdevoller in die kring van die kinders! Nee, nee, dit hou ek tog heeltemal nie uit nie! Ten minste wil ek tog stilletjies daarheen gaan om te sien wat wel daar aan die gang is!”
8. Toe het Adam van sy lêplek opgestaan; maar Eva het hom gevra wat hy wil doen. En hy wys haar op die geselskap van die kinders, wat vrolik is en dat hy die rede daarvan moes sien.
9. Maar Eva het gesê: “Laat hulle vrolik wees in die Naam van die Heer, maar ons bly waar ons is, want anders blyk ons nog nuuskieriger te wees as klein kinders!
10. Is dit van belang, dan sal ons dit nog vroeg genoeg verneem, en is dit onbelangrik, dan hoef ons dit ook gladnie te weet nie, maar die wil van die Heer is altyd en ewig volkome ons s`n!”
11. Adam was dit gedeeltelik daarmee eens en bly op sy bed.
12. Maar ten slotte was daar fakkels aangesteek wat gemaak was van die fynste en geurigste pik en was, en van alle kante het lofgesange weerklink en dit het so lig geword in die hut soos helder oordag.
13. Dit was vir die geduld van Adam, wat sy nuuskierigheid betref, nou tog iets te veel, en hy het aan Eva gesê: ”Nou kom daar in geen geval meer rus nie! Ek moet opstaan en gaan kyk wat daar aan die gang is met die kinders!”
14. Eva het egter gesê: “Kyk, hoe lank duur dit nog voor die dag aanbreek? Rus tog `n paar uur terwille van jou gesondheid; dan kan jy opstaan en alles in oënskou neem!
15. Hoe sal dit dan wees as die Heer ons eens van die aarde sal wegroep? Sal die nuuskierigheid in ons gees ons dan ook na die wêreld trek en na ons kinders, as hulle hulle aan allerhande uitbundighede oorgee?”
16. Hierdie woorde van Eva het Adam weer op sy bed gehou, en hy gee hom oor aan die wysheid van sy vrou.
17. Maar die hut begin geleidelik aan steeds voller te word, en dit word daar steeds lewendiger en ligter.
18. Maar nou was Adam nie meer te hou nie.
|
|
|
|
|