`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vreugde oor die weersien by koning Lameg en hulle groot dankbaarheid teenoor die Heer. Henog se gesprek met Lameg van die hoogte oor die voorbeeldige offer van hulle hart deur koning Lameg en sy familie.

(15 Mei 1843)

38 Lameg bedank vir Henog uit die diepste grond van sy hart vir hierdie les en goeie vermaning en het toe aan syne gesê:

2. “Kom na my toe en wees nie bang nie, want ek weet immers dat die Heer in julle harte geplaas het dat julle nie meer vir my hoef bang te wees nie!

3. Want die eindelose erbarming van die Heer het my heeltemal verander en het van my, die vroeëre wreedaard en die doener van allerlei gruwelike dade, van my, die dubbele broedermoordenaar, `n lam, `n saggeaarde leier van die mensdom gemaak.

4. Kom daarom na my en het geen vrees vir my nie; want ek is nou hier, om met die genadige hulp van die Heer, die teen die mensdom begane gruwels weer enigermate goed te maak, deur hulle wat nog lewe, op die weg van die Heer te bring!”

5. Eers na hierdie buitengewoon opregte en gemoedelike uitnodiging en bekentenis skep syne weer moed en het na Lameg toe gegaan, omarm en groet hom, daarby die Heer besonder lowend en prysend vir die groot barmhartigheid en erbarming wat Hy Lameg so allerheerliks betuig het en daardeur ook aan die hele laagte.

6. Deur hierdie erkenning word Lameg tot trane geroer en hy dank die Heer nogmaals met `n baie bewoë hart.

7. En Henog het die groot verheffing van hulle harte tot God gesien en het daarop in die geheim aan Lameg van die hoogte gesê:

8. “My seun, kyk net daar; dit is die korrekte manier om die heilige Vader `n welgevallige offer te bring! Het jy al ooit iets dergeliks, met so `n diepe innigheid, op die hoogte gesien?

9. Ja, vroeër was daar op die hoogte wel `n sogenaamde heilige seremonie wat egter slegs op die sinne ingewerk het en so die gees gedood het. Maar hierdie lewende, stille seremonie van die hart soos jy dit nou hier sien, is op die hoogte nog baie weinig gevier! En ons heet tog “kinders van God ”, terwyl hulle hier “kinders van die wêreld” heet!

10. Dit is waar: Toe die Vader sigbaar in ons midde gewandel het en ons eindelose groot bewys van Sy liefde, barmhartigheid en erbarming gegee het, was daar ook baie met `n boetvaardige hart en hulle het Hom geloof en geprys as die allerliefdevolste, heilige Vader, maar toe Hy weer onsigbaar geword het, het baie weggehardloop asof daar by ons niks besonders gebeur het nie! Wat vind jy van dié verskil?

11. Lameg het gesê: “O vader Henog, dit is `n geweldige verskil en ek moet openlik beken: Op die hoogte het die heilige Vader nouliks vir my so verhewe voorgekom as nou by hierdie aanblik!

12. O, hoe ver is ons in werklikheid agter hulle! En hoeveel groter is hierdie Lameg hier in die laagte as ek op die hoogte!

13. Aan hom het die Heer slegs weinig gegee - dit is in wese net van hierdie wêreld, en hy dank die Heer daarvoor, asof alle hemele hom reeds ten deel geval het; en aan my gee die Heer, volgens Sy getuienis, die heerlikste en volgens Sy woord die grootste, en hoe gering was my dank en my liefde daarvoor, ten opsigte van alles wat hierdie Lameg gedoen het!”

14. Maar Henog antwoord hom: “Ja, my seun Lameg, nou het jy die volle waarheid gepraat! So is dit by ons almal op die hoogte: Ons is die Vader minder dankbaar vir oneindige dinge as hulle hier vir eindige dinge!

15. Laat ons nou egter in die stad gaan kyk. Daar sal jy eers wonders van liefde en dankbaarheid jeens God sien, wat alles wat jy tot nou toe gesien het, sal oortref! Vir sonnestoffies sal jy dankbaarder harte aantref as op die hoogte vir hele sonne! Laat ons nou die stad binnegaan! Amen.”

16. Hierop herstel Lameg van die laagte homself en volg Henog deemoedig en hoogs dankbaar met syne, wie hy weer teruggekry het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205