`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 290

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Agla se brutale vraag aan Fungar-Hellan en sy duidelike antwoord. Agla se vergeefse uitvlugte. Agla en Drohuit in die hok

(30 Mei 1844)

290 Toe Agla vir Fungar-Hellan in die oog gekry het, het sy vasberade na hom toe gegaan en hom op `n strak toon gevra: “Fungar-Hellan! Wat wil jy met my doen, dat jy my soos die laagste slavin hierheen laat sleep het? Is dit hier by julle dan gebruiklik om `n koningin vas te bind en voor die gereg te lei?!”

2. En Fungar-Hellan het baie gelate en goedmoedig hierop gesê: “Liefste, bekoorlikste koningin Agla! Jy weet tog dat ek jou susters tot vrou geneem en vandag die bruilof wil vier; en dit is hier gebruiklik dat mens ten minste alle verwante en vriende vir die bruilofsmaal uitnooi! Vooraf het ek my pragtige bodes uitgestuur om die gaste uit te nooi, maar op `n onverklaarbare wyse vir my, het alle genooides hulle verontskuldig om my die passende eerbetoon te bring!

3. Toe het ek gedink: “Wat sou dit beteken? Die lyk wel asof my intiemste vriende teen my saamspan en muiters wil word teen my regte?!”

4. En sien, dit was dan ook die rede waarom ek julle na die hoflike eerste uitnodiging, `n tweede onhoflike een gestuur het! En ek dink dat ek as opperpriestergeneraal, tog wel dié respek van julle kant waardig moet wees, aangesien julle wel en weë in wêreldlike sin, veral nog in `n hoë mate van my afhang!

5. Bowendien was my kombuis nog altyd die beste in die hele ryk en my vriende het dit nog nooit verag nie! En waarlik, ek sien nie in waarom dié maal so geminag moet word nie?!

6. As jy, mooiste koningin, miskien `n rede daarvoor het, laat my dit dan weet, dan sal ek alles in werking stel om elke verdagte skyn voor jou mooi oë weg te neem!”

7. Hierdie woorde het vir Agla en ook vir Drohuit nie in die minste geval nie; en sy het daarom gesê: “Fungar-Hellan! As jy ook maar een vonkie agting vir my gehad het, dan sou jy my nie na die maaltyd laat sleep het nie, omdat ek jou nou moet sê dat ek onwel is en niks sal kan eet nie, selfs al sou jy my die beste spyse van die wêreld voorgesit het!”

8. En Fungar-Hellan het gepraat: “O, dan moet ek jou inderdaad om vergewing vra! As ek dit vooraf geweet het, sou ek natuurlik nie met die tweede uitnodiging na jou gekom het nie! Maar waarom het jy dit nie deur die eerste bodes vir my laat weet nie?!

9. Maar gaan nou ten minste die saal binne en rus tydens die maaltyd uit op `n baie fyn rusbed, waarna ek jou wel in `n drastoel na die huis sal laat bring!”

10. En sidderend het Agla gesê: “Liewe Fungar-Hellan, wil jy my nou vandag al doodmaak?! Ek mag immers nie in `n bedompige ruimte, as ek nie tenminste dadelik sal stik nie!”

11. En Fungar-Hellan het gesê: “O arme Agla, hoe het ek nie medelye met jou nie, vanweë `n soortgelyke swakte!”

12. Hierop het Agla gemaak asof sy flou geval het.

13. En Fungar-Hellan het aan sy dienaars gesê: “Bring vinnig bietjie water van my goue fontein en laat die koningin drink!”

14. Nou het Agla opgespring en geroep: “Geen water nie! Dit sou my oombliklik dood!”

15. En Fungar-Hellan het aan sy dienaars gesê: “Laat staan maar! Bring daarenteen my goue hok hierheen; dit sal die koningin weer beter maak! En dan `n yster vir Drohuit; want ook hy skyn `n bietjie siek te wees!”

16. Beide hokke was dadelik gebring en geopen.

17. En Fungar-Hellan het tot Agla gespreek: “Gaan nou goedsmoeds in die sierlike huisie in, anders sal jy geweld aangedoen word! En jy ook, Drohuit,!”

18. Nou het beide begin om te aarsel en was met geweld in die hokke gestop en so in die eetsaal gebring en op die middelste tafel gesit.

19. En wat verder gebeur het, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205