|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 336
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Mahal met sy kinders op die volle hoogte. Kisarell se ernstige vraag aan sy vader Mahal, hoe hy God van `n sonde kan betig. Mahal se verwyte teen God
(3 Augustus 1844)
336 Toe Mahal hom in sy toorn teen God alleen met sy vier kinders op die volle hoogte bevind het, gaan sy seun Kisarell na hom toe en sê:
2. “Vader, sê ons tog, ons, jou kinders, sê dit, of dit alles wat jy aan Noag gesê het, wel jou volle erns was!
3. Want sien, ek kan nie begryp hoe jy God van `n sonde teenoor jou kan betig nie! Hoe is dit moontlik, dat `n God `n sondaar sou wees? Teenoor wie dan en vanweë wat? Teenoor ons, teenoor Sy ander skepsele, of dalk teenoor Homself? Maar hoe moet jy dit dan vir jou voorstel, aangesien God Self immers die oerwet in alle dinge is, asook die oergrond in Homself is?!
4. O vader, bedink tog dat God van die ewigheid almagtig is; maar ten opsigte van Hom, is ons slegs onmagtige wurms in die stof! Kan Hy ons nie skielik verdelg, indien ons in stryd met Sy orde is nie?!”
5. En Mahal het aan sy seun gesê: “Jy praat soos wat jy dit verstaan! Weet jy dan nie wat God van plan is om te doen nie?!
6. Sien, Hy wil en sal binne hoogstens vyf tot ses jaar, die hele aarde onder water sit, deur vloedgolwe uit waters van die uitspansel! En alles sal die dood vind in hierdie vloedgolwe; slegs Noag sal oorbly met syne en met die diere wat hy in sy ark opgeneem het!
7. Sê my, sou dit nie beter wees as God wyse leraars, geseën met die een of ander wondermag, onder die volkere sou opwek om die mensegeslag steeds na Hom toe te lei nie, in plaas van so baie miljoene met een slag te dood?!
8. Wie se skuld is dit dan anders, wanneer die mense God vergeet, as van God Self?!
9. Hy verwerdig Hom, eens in die duisend jaar om Homself aan enkele mense te openbaar, maar die ander laat Hy sit. Maar behaag hulle Hom desondanks nie, dan oordeel Hy hulle almal op gelyke wyse, die wetendes soos die onwetendes, die ingeligtes soos die oningeligtes!
10. So sal, binne ses jaar, die blindes sowel as die siendes verdrink! Maar waarom dan! Omdat hulle van God weinig of niks weet nie, omdat hulle nooit die geluk gehad het om iets van Hom te verneem nie! Maar ook ons sal verdrink, hoewel ons God baie goed ken, en alleen omdat dit God behaag!
11. As ons klippe was, dan sou Hy tereg met ons kon gedoen het wat Hy wou; maar Hy het ons tot vrye wesens gevorm! En nou wil Hy ons ten gronde rig in ons vryheid wat deur Hom Self gegee is, en sien, dit is `n sonde van God teenoor ons, of onsself is `n fout, dus `n sonde van Sy Wysheid en mag! Begryp jy nou die sonde van God teenoor ons?”
12. Wat verder, in die vervolg!
|
|
|
|
|