`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 344

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die afwysende antwoord van die ongelowige Gurat aan Waltar. Waltar se laaste vermaning aan Gurat. Die vergeefse waarskuwings van die engele aan Fungar-Hellan en die landvolk van Hanoch

(13 Augustus 1844)

344 Toe Gurat die opdrag van die engel Waltar ontvang het, het hy gesê: “Vriend uit die hemele, of moontlikerwys êrens van die aarde! Jou raad is baie vriendelik en welgemeend; maar uit jou waarskuwende woorde kom ook na vore dat jy en jou geselskap baie liggelowig is, of julle is vermomde gesante van op die vlug synde hooglandbewoners en wil my nou, onder die baie geheime aanduiding as bodes uit die hemele, angs aanjaag, sodat ek spoedig sou wegvlug en julle dan vir Hanoch in besit kan neem!

2. Weet jy, my beste Waltar die tweede, so dom is ons nie hier in Hanoch dat ons so baie vinnig sou wil glo wat ons deur menige vabond uit die berge wysgemaak word nie! Dit was vir my, die eerste oomblik, werklik verrassend om jou as `n Waltar te aanskou; maar met verloop van jou waarskuwende woorde, het my, verseker ook wyse beskermgees, my op die gedagte gebring dat daar onder die mense tweelingbroers is en nog ander opmerklike gelykenisse! En dit sal ook met jou en die geheimsinnige Waltar die geval wees, en aangesien jy verseker sy lot verneem het, wil jy jou nou graag as die gees van Waltar uitgee; maar so liggaamlik as jy, lyk geeste verseker nie!

3. Weliswaar kan ek jou nou, vanweë jou groot brutaliteit, in `n kerker laat gooi, maar wreedheid was my nooit eie nie! Daarom laat ek julle weer gaan soos wat julle gekom het, omdat julle waarskuwende woorde aan my in ieder geval `n skyn van vriendelikheid het; maar julle uitsprake sal ek nie glo voordat die groot vlakte om Hanoch met bote bevaar word nie! Dan sal ek julle raad opvolg! Gaan nou en gaan heen in vrede!”

4. Hierop het Waltar gesê: “Gurat, weet jy wat ek nou vir jou gaan sê?! Kyk, ek sê niks anders nie as: Wanneer die mense met bote rondom en in Hanoch sal vaar, en wanneer jy nog voor dit sal sien hoe ons hier deur Hanoch `n groot aantal diere opwaarts na Noag sal lei, om hulle in die ark te laat opneem, vir `n tweede hernude aarde, dan sal dit vir jou te laat wees!

5. Want wanneer die newels, wat uit die binneste van die aarde sal opstyg, nader gaan kom en massaal neerstort as `n groot watervloed, dan sal Noag met syne, al lankal in die ark wees; en niemand sal dan meer daarin opgeneem word nie. En wie dit sal nader, sal deur bliksem en hael verdryf en gedood word!

6. Nou weet jy alles, en ons buitengewone sending na jou is beëindig! Doen nou wat jy wil en glo wat jy wil, want dit is die wil van die Heer dat niemand gedwing sal word nie!”

7. Na hierdie woorde verdwyn hierdie engele en begewe hulle oombliklik na die streek waar Fungar-Hellan opgetree het, en het baie kragtige woorde ter vermaning aan hierdie held gerig.

8. Maar hy het hulle bedreig en gesê: “Noag woon vir my te hoog; daarom sal ek ook in die komende jare sy berge ietwat laer maak en dan die reddingsark bekyk!”

9. En die engele het toe nie meer met hom gepraat nie, want hy was reeds heeltemal boosaardig en totaal teen God.

10. Die engele het van daar af na al die landelike volk gegaan en het vir hulle gepredik; maar hulle het, ondanks verskeie wonders, geen gehoor en geen geloof gevind nie. Daarom het hulle ook spoedig opgehou met predik en het begin om die diere byeen te bring.

11. Wat verder, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205