`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die besoek aan Adam se grot. Lameg se verwondering en lofprysing van die liefde van die Heer

(10 Augustus 1843)

94 Volgens Adam se plan het hulle in die bekende grot aangekom en Lameg het skielik uitgeroep: “In die Naam van die almagtige God! Wat is dit? Is dit ook `n werk van mensehande?

2. Nee, nee, dit kon mensehande onmoontlik ooit gebou het! Want dié bouwerk is te onberekenbaar waarlik goddelik wys en te kunstig uitgevoer as dat mens daarby selfs by uiters presiese ondersoek op die eerste oogopslag al vanuit die verte sou kan vermoed dat hierdie indrukwekkende en waarlik goddelik wonderlike, pragtigste grot deur die knapste mense met ook maar één vinger sou aangeraak wees om die kleinste glansende klippie daaraan te bevestig!

3. Die geheel van hierdie mees skitterende natuurlike tempel van die wêreld is selfs volkome soos uit één stuk gemaak! Mens ontdek nêrens `n voeg nie, en tog lyk dié waarlik goddelike bouwerk so asof dit uit alle soorte edelstene opgebou is!

4. Want soos die heerlikste môrerooi gloei hier `n wand wat lyk om saamgevoeg te wees uit suiwer robynpilare van gelyke dikte; vlak daarnaas verhef hom `n hemelsblou stralende reusagtige pilaar van seker meer as honderd manslengtes hoog, soos uit één stuk. En agter die pilaar is, soos ek sien, `n klein sykapel; dit straal soos die suiwerste goud, slegs hier en daar deur allerlei kleurig stralende sterre onderbreek!

5. O, hierdie wonderbare prag het my tong verlam!

6. O Heer, wat sien ek daar midde in die kleuregloed van hierdie grootse tempel? Is dit nie `n magtig omhoog springende waterbron nie? Ja, dit is dit, wonderbaarlik groots en verhewe soos alles wat regstreeks uit die almagtige hande van die Skepper voortgekom het.

7. O God, o groot, almagtige God, totaal niks is alle mense en ook engele ten opsigte van U nie!

8. Heer, Skepper, God, Vader, heilig, meer as heilig! Sulke werk het U gebou vir die ondankbare harte van die mense?!

9. Daar aan die uitgestrekte uitspansel straal die son met onbeskryflike majesteit en verander die anders duistere aarde met haar wonderbare lig in `n hemel!

10. In die nag gloei duisend maal duisend sterre aan die eindeloos grootse hemel! Die lieflike maan verkondig ook, met haar steeds wisselende lig, God se groot eer!

11. In welke steeds nuwe wonderbare vorm gloei die immer bedrywige wolke onder die uitspansel! En hoe is die aarde nie eindeloos ver aldeur getooi en versier met die heerlikste en geurigste blomme nie! Ja, soos `n ydele bruid is sy getooi, en ondanks dit alles kan die mens U vergeet, o Heer, te midde van die luidkeels getuigende wonders van U vaderhand?!

12. Wanneer `n ydel dwase man aan `n nog dwaser maagd as teken van sy vleeslike liefde blomme gebring het, dan ontbrand sy al van liefde en sien niks meer as die dwaas wat haar vlees bemin nie; God se hele skepping is vir haar sonder haar dwase man `n nietige, veragtelike ding.

13. Maar die heilige, goeie Vader het vanuit Sy eindelose liefde die hele aarde meer as ryklik versier met die wonderbaarlikste, verhewe skone liefdesboekette, Hy het die son vir ons geskape en die sterre, asook talryke verhewendhede en wonders, alles vir ons, en tog kan ons deur die vlees van die erdwurms wat ons self is, Hom steeds meer en meer vergeet, ja Hom, die hoogste skoonheid, die hoogste Liefde en Wysheid selfs ontvlug, Hom ver weg wens, as ons in die branding van die sonde van die vlees staan!

14. O aarde, jy, heerlikste bruid van God, jy, lieflike moeder van God se tallose wonders! Is ons ellendige, dom mense wel werd dat jy, verhewene, ons op jou bodem dra, wat daagliks deur God se almagtige hand versier word?!”

15. Hierop het Lameg vir `n tyd verstom, en Adam, net soos die ander het hom om die spreker heen gedring en hom met trane in hulle oë geliefkoos.

16. En Henog het gesê: “Ja, broer Lameg, nou het jy volkome asof uit my hart gepraat; so is dit! Die mens in sy vlees is die aarde nie werd, wanneer hy sy gees ontvlug om alleen sy vlees te troos nie!

17. Praat so verder! Ek sê vir jou: Jare lank sal jy ons nie daarmee vermoei nie, al sou jy dag en nag praat! Gaan dus so aan!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205