`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Henog genees die gemoedsieke, verliefde Muthaël

(19 Augustus 1843)

98 Toe Purista weer by haar vuurherd besig was en Lameg nou nugter en rustig `n paar steekhoudende oordele oor haar aan die geselskap van die vaders uitspreek en nog maar nouliks uitgepraat was, kom Muthaël opeens as`t ware buite sinne die hut binne, kyk Henog aan, gaan toe met weloorwoë tree na hom toe en staar hom aan, sonder om `n woord te sê.

2. Maar Henog het sy regterhand opgehef en gesê: “Luister, stom begeerte van die vlees, wat hierdie man, met God se belofte vervul, op `n bose wyse gevange geneem het, ek gebied jou met die mag van die Heer in my bors dat jy dadelik verstom en wyk van hierdie man wat deur God beroep is!”

3. Hierop het Muthaël skielik soos uit `n diep slaap ontwaak en gepraat: “O God, my heilige Vader! Waar is ek dan nou? Wat het daar met my gebeur? Is ek nog wel die een wie ek was? Waak ek of slaap en droom ek nou?

4. Ek het `n vae vermoede dat ek vanweë Purista met groot hartstog hierheen gesnel het; en sien, Purista staan nou naas my en laat my net so onberoerd soos iets wat gladnie bestaan nie! Hoe is so-iets tog moontlik?

5. Ek weet en herinner my nou baie goed dat ek haar na die belofte met my gloeiende liefde aangegryp het; maar nou straal die belofte nog net soos `n Aandster in die eerste skemering in my bors, waar dit `n woord van die Vader is! Maar al die ander het vir my verdwyn! Hoe, hoe het so `n skielike verandering tog in my plaasgevind?!

6. O Henog, ek beken aan jou baie openlik daar ek nou goed weet waarom ek eintlik hierheen gekom het en waarom ek gister reeds baie vroeg na die hoogte gesnel het, dat ek vir die hele aarde met al haar bewoners niks omgegee het nie!

7. Vir my is slegs die Vader nou alles in alles; en al die ander is vir my `n suiwer niks nie! Ook jy, Henog, is slegs in soverre iets, omdat jy die uitsluitende liefde tot die Vader in jou hart berg, maar vir die res is jy vir my gelyk aan die ander dinge wie slegs suiwer skepsele is, en net soos Purista, asof jy gladnie bestaan nie!

8. Want ek sien nou oral die in standhoudende en steeds nuwe skeppende liefdevolle moeite en sorg en arbeid van die Vader. Daarom kan ek die dinge en die skepsele wat die heilige Vader las veroorsaak, nou nie liefhê nie, want ek hou immers slegs van Hom!

9. Ek self sou eerder nie wou bestaan nie, omdat ek ook die Vader las besorg; maar as ek nie sou bestaan nie, sou ek Hom ook nie kan liefhê nie, Hom, Wie die hoogste liefde Self is! Daarom moet ook julle immers bestaan, sodat julle die Vader kan liefhê!

10. O Vader, hoe was dit tog moontlik, dat ek ook maar enkele oomblikke lank hierdie Purista byna meer kon bemin as U, heilige Vader?!”

11. Hierdie woorde het Muthaël se mond gesluit. En almal het hulle ten seerste verwonder oor hierdie verandering van Muthaël.

12. Purista het heimlik begin te ween en verwens die deur Henog genoemde blik waarmee sy Muthaël so `n wond toegebring het, want sy het nou die een wie haar hart heimlik bemin het, verloor.

13. Adam weet gladnie welke vraag hy die eerste moes stel nie.

14. En Lameg het ook geheel oorbluf na hierdie toestand gekyk en aan Henog gesê: “Broer, met die huidige stand van sake sal ek, soos dit vir my lyk, nie veel met hierdie man te bespreek kry nie!”

15. Maar Henog het hom geantwoord: “Laat dit maar! Eers wanneer die blaar heeltemal omgekeer sal wees, sal jy, op die korrekte plek, baie te bespreek kry; maar laat ons vir nou hierdie saak met rus! Want nou moet Purista na Muthaël kom en weer aan hom goedmaak wat sy hom vroeër, hoewel enigsins buite haar wil, aangedoen het! So wil die Heer dit! Laat ons dus die saak tot dan rus en die weg van die goddelike orde gaan! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205