`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Satana vra die Heer om haar weer `n hart te gee om God te kan liefhê.

(19 April 1843)

20 Satana wend haar hierop tot die Heer en het aan Hom gesê: “Heer, hoe moet ek my tot U wend in my hart? U het my tog immers van my hart ontneem en daaruit vir Adam, sy vrou en al sy nakomelinge geskape!

2. Sien, ek het dus geen hart meer nie en kan U daarom onmoontlik in my hart opneem, of my in my hart tot U wend nie! Skep daarom weer `n hart in my en ek sal doen wat U vra!

3. Al mag die vrugte hoe heerlik wees, wat ek U sou kan oplewer: As U egter die saad van die lewe van my weerhou, omdat U my nie die hart van Adam, wat slegs tot bevrugting in staat is, teruggee nie, en ek dus in myself volledig sonder lewe is, welke ander vrugte kan daar dan wel van my verwag word, as slegs die van die dood en van die oordeel, wat my eens sal oordeel, en dit as `n allergrootste hoer?!

4. U kan maklik praat, want U is die Heer en het gedoen wat U wil, en U hoef niemand iets te vra nie en U laat U ook deur niemand raad gee nie.

5. Wat U wil, moet uiteindelik tog gebeur, en wie iets anders wil as U, wie kan U ten gronde rig of hom op tenminste so lank in `n oordeel hou, totdat hy hom heeltemal deur U wil laat inwikkel het, soos U ook Self al vroeër gesê het, dat U van nou af aan maar net die geringe, dus die volkome beskeie eenvoud, ewig vir U sal laat welgeval!

6. Dit is vir U, die Heer, wel uitsonderlik maklik, en wie kan U gesindheid verander?! Maar dit lê geheel anders by die skepsele van U, waarvan ek die eerste is! Daardie skepsel is geen heer nie en het geen mag nie, buiten die mag wat U hom wil gee, met welke mag hy tog nie in staat is om iets belangrik vir homself te verrig nie, maar slegs deur U, dit wil sê, hy moet die mag volgens U wil gebruik; en het dit gedoen volgens sy eie, deur U gegewe sogenaamde vrye wil, dan sondig hy, val van U af, maar val ook dadelik onder `n geheel en al deur U ingestelde oordeel!

7. Vir U is dit maklik om aan die skepsele te sê: “Rig jou volgens My wil, dan sal jy My oordeel vryspring!” En dit is ook tereg; want as iemand die lewe van homself ontneem, dan hoef U tog ook geen dood oor hom te laat kom nie.

8. U voel U as God en as Skepper wel ewig onoorwinlik; maar kan U ook voel soos `n skepsel?! Kan U as ewig onverwoesbare Lewe ooit ondervind hoe die sterwende skepsel moet voel die oomblik wanneer hy sterf?

9. Sien, die skepsel ly die verskriklikste angs en pyn en het ook reeds in die mooiste lewe die steeds vermanende gevoel in hom, as dat aan hom gesê sal word: “Jy verheug jou tevergeefs oor die lewe, want daar sal spoedig `n tyd kom waarin jy soos `n misdadiger vir daardie lewe sal moet boet!”

10. En dan is tog al die heerlike vreugde van die lewe as`t ware afgesny, omdat mens na die teenswoordige lewe slegs vaag in `n moontlik toekomstige lewe kan glo wat nie sigbaar is nie; en as die skepsel dit tog enigsins kan glo, dan moet dit wel eers vóór dié eventuele toekomstige lewe half ten gronde gaan, en dit dikwels op die mees ellendige manier, soos ek maar al te dikwels in die laagte gesien het.

11. Waarom so, en waarom nie anders nie? Omdat U Heer is en kan doen wat U wil, en omdat U as God en Skepper in die totaal lewende volheid van die waarheid nooit kan ervaar hoe dit met die skepsel gaan wanneer hy as gevolg van U almagtige wil moet afsterwe nie!

12. En wanneer U dit nou maar tenminste pynloos laat gebeur, dan sou ek nog niks gesê het nie; maar wat het U daaraan dat die skepsel vir daardie bittere geskenk van die lewe nog gemartel moet word totdat hy op tenminste vir meer as die helfte vernietig word, sodat hy nie onder U bepaalde, die almagtige Heer, onwelgevallige omstandighede geheel en al vir ewig vernietig word nie?!

13. Sien, vir dit alles, wat ek U nou openlik gesê het, het ek geen hart nie, en kan my dus ook nie daarin tot U wend nie. Laat my daarom tog met U onderhandel, dan sal ek U weer in my hart insluit!

14. Maar onder sulke omstandighede kan ek U ewig nooit liefhê nie, want aan die een kant is U suiwer liefde, maar aan die ander kant is U `n suiwer tiran, wat al die vlees onder groot angs en pyn wil dood om dan eers die gees `n lewe te gee, waarby dit vir niemand duidelik mag wees hoedanig dit is nie.

15. Die vlees is my vrug; maar wanneer U dit dood, hoe en waarvoor moet en kan ek U dan eintlik liefhê?!

16. Laat ek daarom met U onderhandel en ek sal van U hou!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205