`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die hofhouding ontvang die gaste in die troonsaal. Voorbereidings vir die feesmaal. Die verordening van koning Lameg om alle wapens te smee tot nuttige gereedskap. Die liefde as die heilige oerwapen van die Heer. Heerlike belofte aan koning Lameg.

(17 Mei 1843)

40 Toe hulle in die troonsaal aangekom het, waar die vernaamste lede van Lameg se hofhouding almal versamel was, het Lameg verheug uitgeroep:

2.”Vriende, broers, kinders en susters! Verheug julle saam met my; want die Heer het ons almal `n groot erbarming betoon!

3. Kyk, hier is my twee vrouens, Ada en Zilla, daar my totaal verlore gewaande seuns, Jubal en Jabal, en hier my dogter Naëhme met haar magtige man, wie die Heer Self aan haar gegee het!

4. Sien, en hoor, en verheug julle ten volle saam met my! Die Heer het hulle vir my en ons almal weer teruggegee, sodat hulle by my is en op suiwer wyse dieselfde vir my is wat hulle van die begin af aan vir my was, maar helaas, op onsuiwere wyse, wat vir die Heer baie onwelgevallig was!

5. O, hoe sal ons onsself nou verheug in die so magtige groot barmhartigheid van die Heer!

6. Brudal, gaan na die voorraadkamers en berei vir ons almal `n feestelike maal van die beste vleis en die beste vrugte, en laat `n tweede ryklik voorsiene tafel aanrig vir die Godvrugtige burgers van ons stad, en `n derde vir alle armes, wie nou vry is, maar voorheen ons slawe en gevangenes was! Gaan nou en voer dit uit volgens my wens!

7. En jy, my broer Terhad, wie deur die Heer as wagter aangestel is van die vernaamste tempel van die Heer, stuur dadelik bodes deur die hele stad, en laat almal wie ek genoem het, uitnooi tot my groot feesmaal in die allerheiligste Naam van die Heer JaHWeH Sebaot, wie ons aller God, Skepper en Vader is, vervul van liefde, wys, heilig en almagtig van die ewigheid af aan! So geskied dit! Amen.”

8. Hierop het Brudal en Terhad aan die werk gegaan en alles stiptelik uitgevoer.

9. Lameg het hom omgedraai en Thubal-Kain na hom toe geroep. Toe hy vol deemoed na sy vader gekom het, het hy aan hom gesê:

10. “Thubal-Kain, my seun, ek sê dit vir jou in die aanwesigheid van die enigste hoëpriester van die Heer: Laat alle wapens wat vir die voer van oorloë bestem was, uit alle dele van die groot ryk byeenbring en vervaardig ploeë, sekels, sense, byle, grondhake, grawe en nog allerlei ander nuttige gereedskap daaruit, waarin die gees van die Heer jou sal onderrig!

11. Want van nou af aan sal die Heer ons enigste en mees werksame beskermingswapen wees teen al die kwaad. Selfs nie teen die verskeurende diere sal ons onsself ooit van `n ander wapen bedien nie; want ek het die wapen van die Heer meermale leer ken!

12. Daarom sal ons ons lewe lank met dié almagtige wapen stry, en ons kinders en kindskinders sal nooit meer van `n ander wapen gebruik maak nie!

13. Liefde heet die heilige, almagtige, ewige oerwapen van die Heer! Met dié heilige wapen sal ons ons aardse lewe tot `n goeie einde bring en daarmee in die oorwinning aan die einde van ons dae op aarde, die Heer sekerlik `n welgevallige offer bring, wat ons met Sy almagtig heilige wapen oor al die kwaad van die wêreld te beveg sal hê!

14. Môre moet jy, nog vóór al die ander, met dié werk begin wat nou aan jou opgedra word! Die almagtige wil van die Heer geskied altyd en ewig! Amen.”

15. Hierop gaan Henog na Lameg toe en het aan hom gesê: “Geliefde broer Lameg, jy het nou `n gebod gegee wat vir my beter is as goud en wel die allersuiwerste goud; daarom sal jy ook geseën wees soos nog niemand vóór jou geseën was nie!

16. Jou land sal oorvloei van melk en heuning en jou stad sal skitter soos die maan, die huise daarin soos die sterre en jou huis soos die opgaande son!

17. Waarlik, ek sê vir jou, jou liefde het magtiger geword as wat die hele aardbol is! Eers wanneer jou vreugdemaal beëindig sal wees, sal jy by die inwyding van die nuwe tempel verneem hoe dierbaar jy vir die Heer geword het!

18. Ek wil jou nog vandag weer verlaat, maar nou sal ek drie dae lank by jou bly en jou die mag van jou nuwe wapen toon! So sal dit geskied in die Naam van die Heer! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205