`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg is verstom deur God se Heiligheid. Die grense van God se almag. Die oorbrugging van die kloof tussen God en mens deur die genadeverhouding van Vader en kind

(1 Julie 1843)

68 Na die leerryke antwoord van die Heer het Lameg gesê: “O Heer, allerbeste, heilige Vader! As dit oor my begrip gaan, sou ek wat dié punt betref, nog baie wou vra!

2. Maar Henog is immers daar en Lameg, my naamgenoot uit die hoogte; hulle het U, o heilige Vader, beslis beter begryp as ek en sal my dus, as dit nodig mag wees, by die een of ander geleentheid wel die noodsaaklikste daaroor meedeel.

3. En so het ek my onwaardigheid om voor U, o Heer, te praat, gesien en durf U daaroor geen verdere vrae meer te stel nie; maar nie vanweë U eindelose Wysheid nie, maar omdat U heilig is, meer as heilig.

4. Ek het dit in die begin nie so erg gevoel nie; maar omdat ek my in U Wysheid so volkome verdeemoedig het, val U eindelose heiligheid my nou op en ek is deur haar goddelike gewig tot in die allerdiepste en duisterste afgrond gedruk!”

5. Hierop het Lameg werklik verstom; want hy het tydens die woorde van die Heer in die grond van sy hart begin te voel en derhalwe ook werklik in te sien, wat God in Sy wese is, en wat die geskape mens daarenteen in syne is.

6. En hy bedink hoe totaal die mens in alles van God afhanklik is en op eie krag nie eens in staat is om ook maar één keer asem te haal nie, laat staan `n vrye gedagte in homself te skep, en bowendien bedink hy dat nou juis hierdie almagtige, heilige, ewige God Hom aan sy sy bevind het en met hom gepraat het.

7. Daardeur word hy dan ook so erg geraak en verdeemoedig dat hy nie meer verder durf te praat nie.

8. Maar die Heer merk gou die verleentheid van Lameg en het aan hom gesê: “Luister na My, My seun Lameg, wat kan Ek daaraan doen dat Ek sedert die ewigheid God is, lewend vanuit Myself, en jy `n skepsel uit My? Is dit wel moontlik om hierdie verhouding te verander? Kan jy `n ewige God en Ek jou skepsel word? Sien, dit is dinge wat ook vir My onmoontlik is!

9. Ek nooit sal jy ooit in staat wees om hierdie orde om te keer nie; want as dit moontlik sou wees dat Ek My sou ontdoen van Myself om `n suiwer skepsel te word, dan sou in dié oomblik dat Ek die ewige Godheid sou aflê om dit aan jou oor te dra, die hele skepping met jou daarby, tot op die laaste atoom ten gronde gaan.

10. Maar as so-iets sou plaasvind, wat sou jy dan aan die verandering hê, en wat sou daar vir My dan oorbly? Jy sou nie meer daar wees nie; maar Ek sou die Godheid weer moet aantrek, en as Ek weer wesens om My heen sou wil hê, sou Ek dit weer opnuut moet skep en jouself weer tot lewe moet roep, omdat Ek tog sekerlik sou wil dat jy aan My sy moet wees!

11. Ek dink dat jy nou sal insien wat moontlik is en wat onder die voorwaardes van My ewige orde nie moontlik is nie, en jy sal ook insien dat Ek as ewig onveranderlike God sekerlik al die moontlike aanwend om My skepsele en die uit hulle voortkomende kinders sodanig te nader en alle klowe tussen My en hulle sodanig op te vul, dat hulle met My, soos met hulle gelyke, kan omgaan en van Myself hulle werklike ewige bestemming kan leer, waarby tussen My en hulle slegs `n morele verskil sal heers. Maar juis daardeur sal hulle as `n volkome eie heer in My en naas My ewig wees.

12. En as dit noodsaaklikerwys so is, dan sien Ek alweer nie in hoe en waarom jy vir My noodsaaklike Godheid so baie bewe dat jou tong haar diens weier nie!

13. Laat agterweë wat nie geskik is vir Vader en kind nie, maar sê wat in jou opkom, sodat jy dan sal sien hoe buitengewoon geduldig, Ek, jou Vader, altyd is!

14. Lê nou jou hand in Myne, en begryp hoe goed en geduldig Ek is, en praat dan soos jou hart jou ingee! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205