`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Van die berg weer huiswaarts. Die geseënde maaltyd in Adam se hut. Adam bespreek die fees van die Sabbat met Henog

(7 Augustus 1843)

93 Op die middernagtelike uur het Adam opgestaan, die hele aarde geseën en toe aan die hele geselskap gesê: “Luister na my, julle, my geliefde kinders! Ek dink dat ons nou genoeg na God se heerlike wonderwerke gekyk het en ons siel versadig het met die lieflikste, reinste kos uit die groot wonderkombuis van die Heer!

2. Slegs aan Hom, die enigste, bokant alles goeie, heilige, liefdevolste Vader is daarvoor alle lof, alle prysinge, alle dank, al ons liefde en allerhoogste agting en ware aanbidding!

3. Omdat by hierdie geleentheid ook ons liggaam na allerlei voedsel en versterking verlang, sal ons onsself dan ook by die heerlike volle Lig van die maan op die terugweg begewe en ons in die Naam van die Heer in my woning laaf met spys en drank, om dan daarna ons lof aan die Heer te betuig, ons te versterk deur `n verkwikkende slaap op die van welriekende blare gemaakte rusplekke!

4. Die dag van môre sal ons nuwe genietinge in die Naam van die Heer berei; en lei jy, Set, ons nou langs die beste weg na benede!”

5. Set het gedoen wat Adam gevra het, en in `n halfuur volgens die huidige tydrekening, het almal weer behoue in Adam se hut teruggekeer, waar die bediendes van Set dit al lankal in gereedheid gehou het, waarvan Adam reeds op die hoogte gewag gemaak het.

6. En die gaste, wat deur die suiwer berglug vinnig honger geword het, loof God die Heer en vroetel stewig uit die mandjies.

7. Toe die maaltyd beëindig was, het hulle die Heer innig gedank en almal het hulle vervolgens, soos wat hulle bymekaar was, op die geurige, welriekende rusplekke ter ruste begewe.

8. In die oggend was Adam soos gewoonlik eerste op en het alle ander gewek.

9. Toe almal weer goed gesterk op die been was, het Adam aan Henog gesê: “Henog, dit is vandag alweer die voorsabbat! Vind jy nie dat ons die kinders weer moet uitnooi vir die fees van môre op die dag van die Heer nie?”

10. Maar Henog het geantwoord: “Vader, omdat dit eerder `n ydele aangeleentheid is, as `n eintlik godsdienstige, sal ons hulle hierdie keer nie uitnooi nie!

11. Wie wil en sal kom, sal by ons welkom wees en sal die seën van die Sabbat ontvang; maar wie nie uit eie beweging van plan is om te kom nie, die sal ons ook geensins deur `n uitnodiging, nóg deur `n ander middel daartoe dwing nie, en juis nou wel die allerminste, omdat dit in die oë van die Heer dan werklik sou lyk asof ons met ons menigte vir hierdie kinders uit die laagte wil beïndruk!

12. Laat dit daarom bly soos dit is volgens die wil van die Heer! Wie wil en sal kom, sal ook die seën kry; en vir diegene wat nie sal kom nie, sal ons bid en hulle in ons harte aan die Heer opdra!”

13. Adam was volkome tevrede met die antwoord en besluit toe vir hierdie dag om met die geselskap wat vir hom so buitengewoon dierbaar geword het, ander besondere plekke op die hoogte te besoek, waarmee ook Henog dit eens was.

14. Daarom het hy dan ook weldra die oggendmaal berei, en toe dit genuttig was, word die weg ingeslaan na die hoogte en van daaruit na die bekende grot.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205