`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 351

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se vlug na `n hoë rots en na Adam se grot. Mahal se selfrespek. Die genadige woord van die Heer tot Mahal. Die aanbreek van die duisternis en Mahal se ronddwaal

(22 Augustus 1844)

351 Noag het na Mahal laat soek; maar die Heer wou nie dat hy ooit weer deur Noag op aarde gevind moes word nie.

2. Mahal self het `n hoë rots beklim en het eetbare wortels, brood en kaas vir twintig dae saamgeneem; en omdat die rots `n fontein gehad het, was hy vir sy lewensonderhoud van eet en drink voorsien.

3. Op hierdie rots het hy sewe dae deurgebring. Maar toe die hemel van dag tot dag steeds donkerder geword het, het Mahal van sy rots af opgestaan, sy lewensmiddele geneem en het die beroemde grot van Adam daarmee binnegegaan.

4. Toe hy vermoeid daar aangekom het, het hy aan homself gesê: “Ek het oud en moeg geword, en die Heer het alle ondersteuning weggeneem; wil Hy miskien ook daarvoor bedank, geroem en geprys word?

5. Ja, Heer! Noudat ek deur U toedoen `n sondaar voor U Aangesig geword het, nou eers wil ek U roem, loof en prys! Want waar U my getrap het, maak dit seer, en ek verset my en krom my soos `n wurm voor U; maar nou het `n te groot smart my gevoelloos gemaak! Ek voel nóg pyn nóg verdriet en daarom ook geen verbittering en toorn meer nie; daarom kan ek U, o Heer, weer roem, loof en prys!

6. En wees dan daarom geroem, geloof en geprys, U my God en Heer en my almagtige, heilige Skepper en Vader! Ek het met U getwis omdat ek pyn gelei het; maar nou wil en sal ek nie meer met U twis nie, want ek het nou geen pyn meer nie!

7. Solank ek by U in die hemel van Noag was, het ek ook geen pyn gehad nie, en ek kon regverdig wees voor U Aangesig, o Heer, op elke tydstip en ek kon U altyd loof, roem en prys; maar omdat U my na die hel laat gaan het, was ek vervul van innerlike woede en pyn, en ek moes in `n stryd met U raak! Nou is ek egter weer sonder pyn; daarom kan ek U nou ook weer roem, loof en prys!

8. Laat my daarom nooit meer na die hel gaan waar niemand U kan roem, loof en prys nie, want daar is slegs vuur, toorn, vervloeking en verdriet!

9. Aangesien ek U nou, o Heer, al so roem, loof en prys, smeek ek U egter ook, neem my nou weg van die wêreld en laat my geen getuie wees van die regverdige vloed van U toorn oor al U skepsele nie! U wil geskied altyd! Amen.”

10. Na hierdie woorde van Mahal het `n stem soos `n eggo uit die innerlike ruimtes van die grot geklink: “Mahal, Ek het My toorn teen jou getemper omdat jy jou boosheid getemper het, terwyl Ek jou geweldige slae gegee het vanweë jou hardheid ten aansien van My; maar tog moet jy op aarde vir jou vroeëre veelvuldige dwaasheid boet, totdat Ek jou sal aanneem, want jou wandaad teen My was groot!

11. Wees egter geduldig in alles wat jou sal oorkom, en wag op My, en Ek sal jou nie deur die vloed laat verdrink nie; maar jou voetsole sal wel deur die vloed omspoel word, voordat Ek jou van jou vlees sal bevry! So geskied dit!”

12. En Mahal het in hierdie eggo wel die stem van die Heer herken en het Hom nou aan die wil van die Heer oorgegee.

13. Maar toe hy sewe dae in die andersins so ligte grot deurgebring het, wou dit geen dag meer word nie, want die uitspansel was al so dig met koolswart wolke bedek dat daar geen sonstrale meer kon deurdring nie.

14. Daarom het Mahal ook sy grot verlaat en heengegaan om lig te soek; maar hy het vergeefs in die rondte gedwaal. Van suiwer duisternis kon hy geen weg meer vind nie; tog het hy nie gemor nie, maar nou geduldig afgewag wat daar oor die aarde sou kom.

15. Dit was ook die tyd waarin die Heer Noag en syne opgedra het om die ark binne te gaan.

16. Maar hoe? Dit staan weliswaar uitvoerig in die eerste boek van Moses in Hoofstuk 7, maar tog sal dit in die volgende nog van naderby beskryf word!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205