`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die klag van die verongelykte (verontregte) Adam en sy dwase voornemens om hom van almal terug te trek

(1 September 1843)

109 Maar Adam was nie heeltemal tevrede met Henog se woorde nie, want hy was heimlik van mening dat Henog dit in bedekte terme fyntjies op hom gemik het. Daarom het hy ook aan Henog gesê:

2. “My seun, jy praat wel verstandig, maar tog klink jou woorde in die geheel nie aangenaam nie, en ten opsigte van my wel die allerminste! Sê my net waarom jy, as daar ook maar iets onaangenaam is, dit in bedekte terme steeds op my skyn te betrek!

3. Waarom sien jy nou juis vir my as `n soort algemene sondebok, terwyl ek tog die eerste mens op aarde, julle alle sorgsaamste en julle almal steeds net so liefhebbende vader is?

4. As jy iets volgens die wil van die Heer het om vir my te sê, sê dit dan wel openlik en reguit vir my, of hou dit solank vir jou, totdat jy dit onder vier oë vir my kan sê; en anders moet jy swyg en my nie steeds verdag maak in die teenwoordigheid van al my kinders nie!

5. Sien, ek hou sonder meer uit alle mag bo alles van God, my Heer en Skepper, maar as Hy ook persoonlik hier aanwesig sou wees, dan het ek Hom gesê wat ek jou nou gesê het! 

6. Wanneer ek vir Kenan verwyt het oor sy duidelik dwaas klinkende gesang, het ek dit volkome tereg gemaak; maar jou opmerking, as sou Kenan dit moes gesing het om daarmee dieselfde aan te gee wat nie in hom nie, maar hoogs waarskynlik slegs in my skuil, is hard en onregverdig op my hart en gees gerig - ook al is dit deur die Heer ingegee!

7. Ek is nou uitgepraat en sê vir jou: Van nou af aan sal ek my van julle terugtrek en my slegs tot my Set beperk; julle kan egter in die Naam van die Heer doen wat julle wil! En laat my huis met rus, en laat die deur daarin vreemd vir julle wees!

8. En jy, my seun Set, begelei my nou saam met Eva na die huis op die hoogte; want ek sien dat my aanwesigheid `n las vir my kinders begin te word!”

9. Hierop was almal ongerus oor vader Adam, en Henog wil hom sy groot vergissing duidelik maak.

10. Maar Adam het hom beduie om te swyg en gesê: “Ek, Adam, begryp wat ek daarmee aangee! Ek sal voortaan nie meer die rol van die sondige leerling op my neem nie! Jy was die een wat my daar, weens my goeie sorg vir Purista, so erbarmlik ingeloop het; jy het `n horde tiers in my ontdek, wat jy wel ietwat verskoon het, maar tog nie heeltemal weggeneem het nie!

11. As dit alles vir jou deur die Heer ingegee is, dan sien ek werklik nie in waarom die Heer jou dan ook nie tegelyk die insig bygegee het dat jou woorde my tot in die grond van my lewe sal krenk en verwond nie! Waarom het jy dit dan nie vooruit gesien nie?

12. Daarom neem ek van jou nou agteraf geen enkele verontskuldiging en opheldering meer aan nie! Want wat sou jy nou anders sê as dat dit nie in die minste op my gerig was nie?!

13. Ek sal dit ook as waar aanneem; maar dat jy nie as die enigste hoëpriester van die Heer vooruit in jouself gesien het dat ek jou pynlike woorde baie duidelik en onteenseglik op myself moes betrek, as hulle nie konkreter uitgedruk was nie, sien, hierdie growwe onbedagsaamheid ten aansien van my, bedruk nou my hart en het haar heeltemal van jou afgekeer!

14. Daarom neem ek nou ook geen woord meer van jou aan nie! Bly, wat en wie jy is; maar laat my en my huis vir jou vreemd bly, as jy my seën nie wil verspeel nie! En begelei my nou, Set! Amen.”

15. Hier wil Adam werklik weggaan; maar almal omvou hom en het hom gevra te bly en na die wenende Henog te luister, en ook na Lameg.

16. Hierdie houding het Adam weer week gemaak, sodat hy gebly het, maar tog maar net na Lameg, en nie na Henog, wou luister nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205