|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 212
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die byeenkoms van die slawebesitters en hulle hoë eise vir die loskoop van die slawe
(26 Januarie 1844)
212 Die opperpriesters het nou baie grimmig gelyk en gepraat: “Dit lyk of julle reeds by voorbaat juig oor ons teëspoed?! Pas maar op dat julle nie te vroeg juig nie!”
2. En die woordvoerder van die tien het gesê: “Ons juig gladnie; maar as julle ons vir niks en nog eens niks “Wee julle” toeroep, omdat ons julle deeglike raad gegee het, dan meen ons dat dit gladnie verkeerd is om aan julle voorbarige “Wee julle” geroep `n gunstige regverdiging toe te voeg, wat meer as duidelik meedeel wat ons julle eers net baie beknop meegedeel het nie!
3. Maar nou verder niks meer nie; ons sal tans swyg en afwag wat die dag van môre sal bring!”
4. Na hierdie woorde het die opperpriesters die podium heeltemal verbouereerd verlaat en die tiental het hulle ook na hulle afdeling begewe.
5. Maar die opperpriesters het dadelik duisend bodes uitgestuur en alle grotes uit Hanoch laat oproep om die volgende dag in die groot oop raadsaal te verskyn.
6. Die volgende môre het dit in die groot raadsaal gewemel van die magtiges van die stad, maar nog geeneen van hulle het geweet waarom hulle opgeroep was nie.
7. Sommiges het gemeen dat die priesters weer van plan was om `n groot slaweveiling te hou; ander was van mening dat daar miskien weer `n nuwe wet ontwerp word, of miskien `n nuwe belasting uitgeskryf sou word. En so het hulle in gespanne afwagting gewonder wat hierdie byeenkoms sou bring, maar geeneen van hulle kon agter die ware rede kom nie.
8. Ook die tiental het na `n gegewe teken, saam met die ander onderpriesters van die een kant af ingekom en eers na `n rukkie het die met goud en edelstene behange opperpriesters van die ander kant af ingekom.
9. In die gedrang word daar aan die tien deur die grotes gevra waaroor dit nou eintlik gaan.
10. En die tien het gesê: “Oor niks anders nie as oor die loskoop van die slawe! Vra `n stewige prys, anders sal julle aan die kortste ent trek!”
11. Hierdie aanwysing het soos `n lopende vuurtjie onder die grotes versprei en hulle was nou heeltemal voorbereid op wat sou kom.
12. Die tiental het nou onderaan die trappies van die groot spreekpodium bly staan en gewag op die uitgedoste opperpriesters. Hulle het na `n tydjie met groot seremonie gekom en het die podium onder veelvoudige hoera’s bestyg.
13. Toe die dawerende eerbetoon verby was, het `n opperpriester sy mond met `n harde stem geopen en gesê:
14. “Luister na my, julle groot heersers van die ryk! Die bodes wat deur ons uitgestuur was, het in `n baie ver land berge ontdek wat van suiwer goud is, waarvan hulle vir ons `n ryklike bewys saamgebring het!
15. Daardie wonderlike berge word egter deur enorme reuse bewoon, wat wel buitengewoon sterk behoort te wees. Om hulle te bestry en ons van die goue berge te verseker, het ons `n uiters sterk leër nodig, al was dit maar uit voorsorg, omdat mens nie kan weet hoe sterk die reuse is nie!
16. Om die groot leër saam te stel, het ons alle slawe nodig! Waaroor dit nou gaan, is onder welke voorwaardes julle hulle aan ons sal afstaan. Sal julle hulle teen die versekering van winsdeling, of teen `n redelike afkoopsom afstaan? Slegs hieroor gaan dit nou, en gee ons dan ook `n goeie antwoord daaromtrent! Laat dit geskied!”
17. Toe die grotes dit gehoor het, het hulle gesê: “Luister, die ontdekking is weliswaar baie te waardeer, want hele berge van suiwer goud is voorwaar geen kleinigheid nie, maar hierdie goeie saak lê te ver weg en daarom kan ons die versekering van die winsdeling volstrek nie aanneem nie!
18. Om julle egter nie in so `n skitterende onderneming te hinder nie, bied ons julle elke manlike slaaf gemiddeld teen `n redelike afkoopsom van vyf pond goud en een slavin vir drie pond aan.
19. Wanneer hulle terugkom, sal ons hulle van julle terugneem teen een derde van die inset! Ons is van mening dat die voorwaarde tog redelik sal wees?”
20. Nou het die tiental heimlik gejuig, maar die opperpriesters het byna in vertwyfeling geraak en weet nie wat hulle oor so `n hoë prys moes sê nie. Daarom het hulle die tien na die podium geroep.
|
|
|
|
|