`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg se verkeerde opvatting oor die hart bokant die tempel en die onderrig deur die Heer. Hoe en waar mens God moet soek

(13 Junie 1843)

56 Na hierdie woorde van die wyse Man het Lameg daaroor nagedink wat hy moes doen om die hart vanuit die hoogte na benede op die altaar te kry.

2. Want hy het nog nie die woorde van die Wyse begryp nie en hy het werklik by homself gedink dat hy ten slotte op die dak sou moet klim om van daar stellig met sy hand by die hart te kom of selfs, mag sy hand te kort wees, met `n haak aan `n taamlike lang stok, die hart na benede te trek soos `n appel van die boom.

3. En omdat die Wyse wel die gedagtes in Lameg opgemerk het, het Hy aan hom gesê: “Maar luister, Lameg, jy was so diep onder die indruk van My Wysheid, en in My mond het jy selfs God se tong gelê, en dit nie bepaald ten onregte nie, sê My nou hoe dit tog is dat jy die Wysheid van My woorde so verkeerd opgevat het!

4. Want voorwaar, dommer en meer materialisties sou die geestelike nouliks opgevat kan word!

5. Dink jy dat die stralende hart bokant die tempel dalk werklik jou liggaamlike hart is?

6. O sien, jou liggaamlike hart van vlees kan ons gladnie op die altaar gebruik nie, en jy het dit volstrek nodig vir jou natuurlike lewe; slegs die hart van jou gees, wat die liefde tot God in jou is, het ons hier op die altaar nodig!

7. Daardie hart laat hom egter nóg met `n hand van vlees, nóg met `n haak aan `n stok na benede trek, maar slegs met die krag waaraan die liefde eie is.

8. Die stralende hart bo die tempel is trouens net `n verskynsel wat maar net vir die gesigsvermoë van die gees sigbaar is en beteken niks anders nie as dat jy `n eindeloos ver God bemin en Hom verby alle sterre soek; maar die God wie altyd by jou is, kan jy nie herken en liefhê nie!

9. Jou hart straal weliswaar van die suiwer, hewig ontvlamde liefde tot God; maar jy kan van so `n liefde weinig of geen ander nut hê nie as hoogstens dat jy in die gebroke Lig daarvan in die uiteindelike nag iets beter sien as anders in die volslae duisternis. Dit is dan egter ook alles wat jy daaraan het.

10. Slegs die lewe wat ewig sal voortduur is immers die hoofsaak, egter nie maar net die lig van die tydelike lewe nie, wat tegelyk met daardie lewe gaan.

11. Daarom moet die hart van die gees, oftewel jou liefde tot God, jou die mees naaste wees, dit wil sê, sy moet in jou wees. Jy moet God in jouself soek, vind en dan bo alles liefhê, dan sal jy die ewige lewe hê; want sien, slegs God is immers die lewe en alleen Hy het dit dus en gee juis daardie lewe!

12. As dit nou `n ewige waarheid is, moet jy my net vertel watter nut `n eindelose ver God, of `n eindeloos ver verwyderde lewe vir jou kan hê!

13. Jy moet die ewige lewe, wat alles van God se ewige liefde is, immers in jouself hê as jy wil lewe, maar nie verby alle sterre nie!

14. Daarby moet nog goed gesê word dat `n oneindige God geen enkele nut vir jou kan hê nie, omdat jy as eindige wese beslis ewig nooit in staat sal wees om die eintlike oneindige wese, God, te begryp nie.

15. En daarom het God die menslike hart gemaak as woonplek vir Homself, sodat niemand buite of sonder God hoef te lewe nie.

16. Sien, die son van die wêreld is so ver weg geplaas dat `n mens van die aarde haar nooit sal bereik nie en sy is so groot gemaak dat sy, ten opsigte van hierdie aarde wat jy bewoon, nouliks as `n vuisgrote speelbal vir haar kinders beskou sou kan word, van haar gesigspunt uit gesien!

17. Maar sê My net, wat sou hierdie groot son jou baat, al kon jy hom ook met jou hand aanraak, maar jou oog en jou liggaam nie sodanig geskape en ingerig sou wees dat jy die hele son op verkleinde skaal volledig in jouself sou kan opneem nie?! Sien, dan sou jy nóg warmte nóg lig van haar gehad het!

18. Maar omdat jou oog so deur God gebou is dat jy die hele son kan oorsien en sodoende haar hele lewende beeld in jou kan opneem, kan jou ook haar warmte en haar Lig gebruik; maar die ver, groot son verwarm jou nie, maar slegs die, wat jy in jou dra!

19. Des te meer is dit die geval met God wie jy in Sy oneindigheid onmoontlik ooit sal kan begryp nie; ja, so is Hy vir jou so goed as heeltemal nie voorhande nie.

20. Maar hierdie oneindige God het Sy volkome ewebeeld in jou geestelike hart gelê; dit is jou lewe en dit is in jou.

21. Jou magtige liefde tot God is daardie ewebeeld van God in jou, wat jou lewend maak. Bly daarom in jouself en verhef die heiligdom nie tot buite jouself nie, maar bevestig dit in jouself, dan sal jy God steeds werksaam met sekerheid die naaste aan jou hê en is dit nie nodig dat jy vra: “Agter welke ster woon God?”, maar jy sal jou eie heilige ster in jou ontdek, waaragter jou God woon en vir jou weliswaar nog onbewus jou voortdurende lewe gee.

22. Wek daarom dan die liefde in jouself tot `n nabye God, en jou hart sal hom sonder stok op die altaar bevind, en jy sal die nabye God ontdek en die lof van die geregverdigde deemoed! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205