`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die gedenkteken van die sewe wit klippe in die tempel. Oor die oorsprong van die Steen van die Wyses. Die terugtog na die stad

(20 Julie 1843)

81 Ruim `n uur het groot stilte onder die volk geheers, net soos onder die drie met groot mag begiftigde leiers.

2. Maar na die uur het Lameg hom tot Henog gerig en aan hom gesê: “Broer Henog, noudat hier reeds alles volgens die wil en volgens die orde van die almagtige en allerliefdevolste Vader en Skepper van hemel en aarde bewerkstellig is, dink ek dat ons weer na die stad kan gaan om onmiddellik daarvoor te sorg dat hierdie heilige boodskap na al die orige stede oorgebring word!”

3. En Henog het Lameg geantwoord: “Ja broer, laat dit vandag nog gebeur, want die heil en die Lig van God kom nooit te vroeg by die volkere nie! Daarom is jou sorg buitengewoon te waardeer en ons sal dan ook dadelik aanstaltes maak om saam met hulle almal na die stad te gaan.

4. Maar één ding moet ons tot `n sigbare getuienis van die teenwoordigheid van die Heer doen, sodat ons nakomelinge hulle sal herinner dat die Heer Self hierdie tempel vir die Wysheid van die menslike gees geseën het, en daardie ding bestaan daarin, dat ons sewe wit klippe hierheen sal bring elkeen so groot soos die kop van `n mens en hulle vir altyd op die trappies van die altaar plaas waar die Heer gerus het en ons Self gedurende die hele nag die ware, innerlike heilige Wysheid van die gees geleer het vir die ewige vrye en volkome lewe.

5. Sien, broer Lameg, dit moet nog gebeur en dan sal ons onsself dadelik volgens jou buitengewoon heerlike en goeie plan na die stad begewe!”

6. Toe Lameg dit van Henog gehoor het, spring hy vol vreugde uit die tempel en buite het hy die aanwesige Mura en Cural geroep en die wens van Henog aan hulle meegedeel.

7. Beide van hulle het dadelik na `n plek op die berg gegaan waar `n aantal los wit klippe gelê het, wat nie vir die bou van die tempel gebruik was nie, en soek die sewe mooiste en suiwerste met die korrekte afmetings byeen en het hulle na Lameg gebring en is toe ook saam met Lameg die tempel in.

8. Toe dit gedoen was, het Henog aan Lameg gesê: “Sien, ons is nou net vyf! Laat ter getuienis nog twee manne kom en dan moet elke klip met ons sewe name beskryf word en dan eers op die trappies van die altaar geplaas word.

9. Ek sal vervolgens die klippe in die Naam van die Heer aanraak en dan sal daar voortdurend `n krag van hierdie klippe uitgaan, waardeur almal wie hulle aanraak, vir `n tyd lank Wysheid sal ontvang!”

10. Dit het alles gebeur. En dit was die eintlike oorsprong van die “Steen van die Wyses” en die krag van dié oord het ooreenkomstig My wil behoue gebly tot in die tyd van die profete van Israel; en die berg was dieselfde waarop, selfs Saul die gawe om te profeteer vir `n kort tydjie verkry het, en waarby die volk gesê het toe hy van die berg afgekom het: “Wat is dit? Behoort Saul dan ook tot die profete ?”

11. Nadat die klippe geplaas was, was dit aan die hele volk meegedeel. En Lameg het toe die terugtog hardop aangekondig; en elkeen het rustig vanaf die berg na die stad teruggegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205