|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 156
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die goeie woorde en die offervaardigheid van een van die honderd raadshere. Die opening van die tempels
(7 November 1843)
156 Nou het `n ander van die raadshere opgestaan en gepraat: “Broers, ek meen om die woorde van die tien beter te begryp het as iemand anders en ek dink dan dat ek ook geen ongelyk het as ek my reëlreg teen vlug uitspreek nie!
2. Want met vuiste dek beteken tog duidelik nie iemand slaan nie, maar slegs iemand beskerm; en wanneer die tien ons beskerm as ons die korrekte doen, waarom sou vlug dan as die mees raadsame en enigste goeie middel gesien moet word?!
3. Doen ons die regte ding vrywillig, dan kan ons seker daarvan wees dat geen haar van ons almal gekrenk sal word nie, want die ou God, Wie ewig getrou en vol van liefde en begrip is ten aansien van diegene wat hulle berouvol en weer volledig in Sy heilige orde begewe, sal ook oor ons geen gloeiende klippe laat reën wanneer ons weer met `n berouvolle en getroue hart terugkeer in Sy heilige orde nie, wat Hy van die ewigheid vasgestel het!
4. Gee my die goue sleutels, en ek sal nie bang wees om, saam met honderd bodes, die opening van die tempel hardop in die hele stad te gaan verkondig nie, en dan voor die oë van `n tallose volksmenigte, die tempel in die vlakte, net soos die op die heuwel, te open nie!
5. Wie van julle wil saamgaan, moet saamkom; maar wie bang is om dit te doen, laat hy in die Naam van die Heer tuisbly! Maar aan die smadelike vlug moet niemand van ons meer dink nie, want dit het die tien bodes immers duidelik as jou reinste straf aangemerk!
6. Ek wil egter volkome ernstig weer heeltemal tot God terugkeer; daarom sal ek nie vlug nie! Liewer wens ek hier ter plaatse deur die vlamme van God se toorn verteer te word, as ook maar één tree te vlug vir God, die Almagtige, Wie my oral kan gryp en oordeel!
7. U, o God en Heer, beloof en sweer ek hier my volledige ommekeer en voortaan lewenslange trou! U alleen wil ek van nou af aan dien en U liefhet vanuit al my kragte gedurende die tyd van my hele lewe! Amen.”
8. Hierdie kragtige woorde het alle ander raadshere verbaas, en niemand het dit durf waag om teen hom in te gaan nie.
9. En hy het die sleutels van die raadshere geëis, wat gesê het: “Wil jy ons dan almal in die verderf stort?”
10. Die spreker het egter geantwoord: “Nee, dit wil en sal ek nie! Gee my egter die sleutels, en ek sal vir julle almal die skuld op my neem! In hierdie aangeleentheid wil ek `n leuenaar wees en as die minste skuldige onder julle myself as enigste skuldige voor die hele volk aankla, sodat alle straf oor my kom en julle vry en geregverdig skyn! Maar gee my die sleutels, sodat ek julle kan red!”
11. Hierop het die raadshere die sleutels aan die spreker gegee en hy het hulle met `n diep geroerde hart aangeneem, en hy het nog honderd goeie sprekers onder die baie hofdienaars saamgeneem om die opening van die ou tempels in alle strate te gaan verkondig. Hoofstuk 157
|
|
|
|
|