`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Henog ontmoet koning Lameg. Die gevaar van eerbetoon aan mense.

(10 Mei 1843)

35 Toe Lameg van die vlakte nou naby Henog gekom het, ontbloot hy sy hoof en sy bors en buig hom toe voor Henog tot teen die grond.

2. Maar Henog gaan onmiddellik na hom toe en het aan hom gesê: “Luister, my geliefde broer Lameg, wat die Heer, nóg van my, nóg van jou verlang, laat dit ook altyd ten opsigte van my agterweë!

3. Want as ek na jou toe kom, dan kom ek nie om my deur jou te laat eer asof ek `n tweede god is nie, maar ek kom slegs na jou toe in die suiwer liefde van die Heer, Wie vir ons almal `n allerliefdevolste Vader is, en ek kom as `n ware broer na jou toe! Waarom dan so `n eerbetoon wat niks beteken nie?!

4. Ek sê jou egter: Laat ons dit onder mekaar vermy, anders sal ons self die skeppers van bose tye word!

5. Want sien, as jy my so eer, terwyl ek tog geen haar meer is as enige ander mens nie, verhef jy my bokant die ander mense en deemoedig jy hulle voor my, terwyl ek hulle gelyke broer is!

6. Die mense sal so `n deemoediging wel `n tyd lank oor hulle kant laat gaan, maar dan sal die een na die ander hulle heimlik begin afvra:

7. “Is hierdie en daardie een dan meer mens as wat ons dit is? Waarom laat God so `n verering toe, dat ons onsself voor hom moet buig? Maar vir ons laat Hy egter in die smadelikste eerlose nederigheid!

8. Ons sal onsself egter bo hom verhef en hom die nuttelose voorkeursbehandeling afneem en hom kasty vir al die baie eerbetuigings wat ons aan hom verspil het! Hy sal ervaar dat hy. net soos ons. ook maar `n mens is!”

9. Sien jy, my geliefde broer Lameg, dit is `n ware stem van die menslike natuur wat, wanneer sy eenmaal in opstand kom, verskrikliker is as die blinde woede van alle tiers en hiënas!

10. Laat ons daarom beide agterweë laat, waarin so `n bose saad geplaas is, en die aarde sal onder ons voetstappe opbloei tot `n allerheerlikste Eden van God!

11. In die teenoorgestelde geval stamp ons met elke tree swaarde en spiese uit die grond van die aarde, waarmee ons latere nakomelinge mekaar met duisende en duisend maal duisende in die gloeiendste wraak sal doodmaak.

12. Ons het almal maar één Heer en één Vader, en onder mekaar is ons suiwer broers.

13. Maar as die Heer die een oor iets groters aanstel as `n ander, dan verhoog Hy hom daardeur, nie ten opsigte van sy broers nie, maar gee hom slegs die geleentheid om soveel meer liefde te beoefen ten aansien van sy broers.

14. Maar om liefde te betoon aan die broers het mens tog geen eerbetoon nodig nie, omdat liefde `n krag is wat altyd maar net daarna streef om die gelyke te verenig, maar die ongelyke skei soos die kaf van die koring.

15. Neem dit ter harte, liewe broer Lameg, dan sal jy heeltemal in God se orde lewe en sal jy God altyd behaag!”

16. Hierdie woorde van Henog het baie groot indruk op Lameg gemaak en hy neem nou baie ander planne op, as die wat hy tot nou toe gehad het, want hy was van voornemens om `n sagte, beter kastestelsel in te voer, wat by My `n gruwel van die gruwels is.

17. Maar soos gesê, hierdie woorde van Henog het al sy sluimerende planne verander, daarom antwoord hy Henog dan ook:

18. “O broer Henog, met welke Lig het jy nou my hart vervul! Alleen aan die almagtige Heer van hemel en aarde sy dan ook ewig alle eer, alle prysinge, alle roem en alle lof, omdat Hy die mense tot sulke gelykwaardige liewe broers gemaak het!”

19. Nou kyk Lameg bietjie verder vooruit en het op `n afstand van ongeveer driehonderd tree die klein groep gesien wat Henog gevolg het en intussen bietjie agtergebly het, toe Henog alleen na die veel te deemoedige Lameg gehardloop het, en aan Henog gevra:

20. “Broer, wie is dit wat jou daar volg en, soos dit vir my lyk, met ietwat dralende treë?”

21. En Henog het aan Lameg gesê: “Liefste broer, laat jou broers hier agter; volg my dan en kyk hoe genadig en goed die Heer is!

22. Kom en ontvang joune in die Naam van die Heer! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205