|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 39
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die intog in Hanoch. Die verering van die heilige gedenkplek in Hanoch word tydelik toegelaat. Die ontvangs in die paleis van Lameg.
(16 Mei 1843)
39 Toe die geselskap nou in die stad aangekom het, wys Henog vir Lameg van die hoogte op die kinders van die laagte en hoe hulle, armoedig geklee, selfs die weë waarop die voormalige bodes uit die hoogte die paaie van die Heer betree het, maar veral die weggedeelte waarop die Heer geloop het, met hulle trane bevogtig en hoe sommiges selfs met hulle bors op die plek gelê en dit in die grootste liefde aanbid het.
2. Toe Lameg van die hoogte dit gesien het, slaan hy homself op sy bors en sê: “O vader Henog, wat is dit?! Hierdie kinders van die wêreld hou selfs veel meer van die nederigste gedenkplek van die Heer as ons van die Heer Self; hoe groot moet hulle liefde dan nie vir die allerheiligste, liefdevolle Vader Self wees nie!”
3. En Henog het Lameg geantwoord: “Ja sien, so is dit werklik! Mens moet hierdie arme kinders weliswaar die verering van die plek waarlangs die bodes gegaan en die weg wat die Heer sigbaar voor hulle oë betree het, verbied, omdat hulle hart daarby maklik kan heg aan wat hulle nou as `n soete en verhewe herinnering dien, maar hulle gevoelens is daarby so suiwer op die Heer gerig, dat ek daar self nie omheen kan om hulle voorlopig in hulle vroomheid te laat nie.
4. Die pad waarlangs die Heer getrek het toe die naam JaHWeH na die tempel gedra was, sal seker baie geheilig bly, en ons sal nie ligtelik in staat wees om dit uit die innerlike lewe van die volk te verwyder sonder om daarby hulle vrye wil te beperk nie, waartoe ons egter nooit die reg het nie, aangesien die Heer dit Self immers ook nie gedoen het nie.
5. Maar laat ons onsself nie te veel bemoei met dit alles wat die Heer voorgehou het nie. Hy sal doen wat Hy die beste vind!
6. Maar ons het hier die heerlikste geleentheid om te sien hoe baie anders en baie meer intenser dié volk nou die Heer, as allerheiligste en liefdevolle Vader, meer liefhet as ons, as God se kinders van die hoogte!
7. Sien, daar is nou die huis van Lameg; daarom laat ons hom nou voorgaan, sodat hy ons in sy woning kan binnelei!”
8. Lameg het hom verbaas oor die groot prag van die gebou, maar Henog het aan hom gesê: “Ja, dit vertoon `n groot prag; as mens egter bedink met welke middele dit gebou is, dan sou mens liewer wil huiwer tot in die diepste van sy siel, as om enige welgevalle daaroor te uiter!”
9. En Lameg van die hoogte het vanuit die grond van sy siel gesug en toe met weemoedige stem gesê: “Ja, ja, liewe vader Henog, so is dit seker! Wanneer die Heer sonne en wêrelde bou en Hy plaas hoë berge op die kragtige aarde, dan kan ons onsself tereg oor die aanblik verheug, want ons weet hoe die Heer, sonder enigste moeite, sulke groot, wonderbaarlike dinge kan skep; maar as sulke swak kinders sulke geboue met klippe oprig wat lyk soos klein berge, werklik, dan word mens bedroef tot in die grond van sy hart!”10. En Henog het gesê: “Ja, so is dit! Dit wat die Heer egter toegelaat het, laat ons so; ons het aandag daaraan geskenk en so is dit goed vir die Heer, ons heilige, allerliefdevolste Vader!
11. Maar nou kom Lameg, die leier, al met uitgestrekte arms na ons toe om ons sy huis binne te lei en al sy bediendes wag ons ook reeds in by die poort van die huis! Laat ons trag om vinnig die huis binne te gaan; anders kom die vrome volk op ons af om ons in die Naam van die Heer te aanbid, laat ons dit baie sorgvuldig vermy!”
12. Nou het Lameg, die leier, nader gekom en Henog gee hom te verstane om die huis so vinnig moontlik te betree om `n reëlregte aanbidding te voorkom. En dit het gebeur soos wat Henog dit gewil het.
|
|
|
|
|