`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die beraadslaging van die agtergeblewe raadshere. Die emigrasie van nog tweehonderd-en-vyftig raadshere

(4 November 1843)

154 Op die derde dag het een van die agtergeblewe raadshere wat die regte ding wou doen, opgestaan en aan die oorblywendes gesê:

2. “Luister na my, julle raadslede, wat soos ook ek die regte ding wil doen! Uit die berig wat ons deur die poortwagters oorgebring was, het ons afgelei dat ons seshonderd-en-vyftig broers sonder die minste probleem die land uit getrek het; niemand het hulle reis belemmer nie.

3. Ons weet nou dat hulle met die oorwinning van die verstand geslaag het; of die goeie wat ons wil doen net so sal slaag, is nog nie seker nie! Of die mense so teen ons sal optree soos ons raadsbroeder gesê het, is ook nog nie seker nie!

4. Ek meen daarom dat ook ons liewer die sekere vir die onsekere moet kies en die slim voorbeeld van ons broers volg, in plaas van om hier die wel bedenklike afloop van ons haglike goeie planne af te wag! Dit is sonder twyfel beter om as `n meester weg te trek, as om ten slotte as `n veragtelike volksbedrieër weggejaag te word!”

5. `n Ander het egter die eerste spreker weerspreek en gesê: “Vriend, jy praat sonder om die gunstige omstandigheid vir ons in oorweging te neem, dat die hele volk nou `n baie gunstige indruk van ons moet hê, deurdat ons nou alle skuld van die skandelike tirannieke willekeur in die staatsbestuur op ons ontsnapte broers kan skuif. Ons kan selfs nog profyt daarvan maak, omdat ons sonder die geringste teenspraak kan sê dat ons die tiranne self verdryf het, deur die mag van ons woorde, ten einde nou weer die ou, goddelike orde in te voer soos dit eens onder Lameg bestaan het!

6. En die rampsalige waarheid wat ons vir die volk oor ons sou moet vertel, kan ons nou ook sonder probleme en bose gevolge op ons vertrekte broers skuif. In die oë van die volk sal ons dan buitengewoon magtig wees en geen laaghartige tiranne wat die volk in elke opsig so skandelik onderdruk het nie!

7. Wanneer ons onsself so realisties uitlaat, sal die volk ons maar net moet lof toeswaai en sekerlik nie na klippe of roede gryp nie! Dié middel is nou die onskuldigste en onskadelikste van die wêreld, en die doel kom volkome met die wil van die ou God ooreen; wat wil ons nog meer? Laat ons dit so doen, dan moet alles goed gaan!”

8. En die eerste spreker het hom geantwoord: “By dié gunstig lykende plan wens ek jou veels geluk en daarby uitsonderlike mooi weer; dat ek my egter met so `n gunstig lykende toespraak aan die volk, ietwat op `n afstand sal hou, die kan ek jou waarborg!

9. Het jy dan nie gehoor wat ons vertrekte spreker gesê het oor wat elke leuenaar van die tien bodes te wagte staan nie?! Wanneer jy die volk egter ten gunste van ons wil voorlieg, vraag: Het jy dan al met die tien gepraat en die versekering van hulle gekry dat hulle by die geleentheid nie dadelik `n brandende fakkel van jou sal maak nie? 

10. Was ons nie alleen steeds die mees kwaadwillige en heerssugtige deel nie?! Het ons nie hoofsaaklik die afgodediens ingevoer nie, die polisie in die lewe geroep en al die buitensporige belastings ingestel nie?! En nou moet ons dit alles afwentel op hulle wat vertrek het en wat altyd beter was as ons?!

11. Dan wens ek jou veels geluk! Doen wat jy wil, maar ek sal gaan, en wie nog meer?”

12. Hierop het daar nog eens tweehonderd-en-vyftig opgestaan en het met vrouens en kinders en baie dienaars weggetrek.

13. Die tiental het hulle in `n straat ontmoet en aan hulle gevra: “Waar gaan julle heen?”

14. En hulle het gesê: “Met julle verlof vertrek ons na waar die wêreld `n einde het! Lieg mag ons nie, en dus sal ons eerder vinnig weggaan as om in moeilikheid te kom!”

15. En die tiental het hulle ongehinderd verder laat trek en nie meer na hulle omgesien nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205