`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ohlad se regverdige vraag aan die Heer en die antwoord van die heilige Vader

(20 November 1843)

165 Na hierdie woorde het Ohlad eers egter tot homself gekom en in essensie begin te begryp waarin die groot gelykenis tussen hom en die Heer sy oorsaak gevind het, en hy skep ook genoeg moed om aan die Heer te kan vra en antwoord.

2. En hy het daarom aan die Heer gevra, weliswaar wel met die allergrootste eerbied en deemoed: “O Heer, Almagtige! U het aan my gesê dat ek in U Naam vir die hele volk `n goeie koning moet wees, dus ook `n heer! Want wie die reg het om geheiligde wette te gee wat elkeen streng moet opvolg, is tog duidelik `n heer!

3. Maar ek is immers maar `n mens soos elke ander uit die volk, en U alleen is die Heer! Hoe moet ek dan naas U ook `n heer wees ten aansien van hulle wat U geskape het, en wat net soos ek, die lewe uit U het?!

4. O Heer, vrywaar my, die mees onwaardige ten opsigte van U, van hierdie waardigheid! Laat my voortaan liewer in die gewone burgerstand terugtree, want ek het wel op `n hoogs onwettige wyse ongeveer vir veertig jaar die heerskappy geniet en het my tot nou heeltemal daarvan oortuig hoe moeilik dit is om as heerser vir die volk `n broer te bly, en hoe moeilik dit is om jou aan die verering van die volk, wat slegs vir U, o Heer, toekom, te onttrek.

5. Al gee ek dit ook alles weer in my hart aan U, o Heer, terug, dan lyk dit my tog andersyds onmoontlik om te bewerkstellig dat die volk nooit die koning, maar altyd geheel alleen U, o Heer, sal eer nie.

6. Ek sien nou in dat slegs U waardig is, om alle eer, alle lof, alle roem, alle liefde en aanbidding van ons mense te aanvaar. Daarom wil ek U, o Heer, vra, as dit U allerheiligste wil mag wees, om dié amp en hierdie waardigheid, wat my hele hart laat huiwer het, aan iemand te gee wat veel waardiger en veel sterker is, en my allergenadigs in die allernederigste stand te laat terugstaan!”

7. En die Heer het na Ohlad gegaan en aan hom gesê: “Ohlad, nou eers herken Ek jou weer as My seun en kom as Vader na jou toe!

8. Omdat Ek, jou Vader, tog `n Heer is van die ewigheid, hoe sou jy as My seun, dan `n slaaf en `n kneg wil bly? Of eer die mense op aarde nie tegelykertyd die ouers as hulle agting aan hulle kinders skenk nie?!

9. So word ook die Vader van die ewigheid in Sy goeie kinders geëer, want goeie kinders hou, alles wat slegs hulle vader toekom, nie vir hulleself nie. En die vader stel Sy grootste eer in Sy kinders, want alleen in die kinders en deur die kinders word die Vader geëer.

10. En as Ek, as jou ewige Vader jou, My seun, tot koning maak en jou die wetgewende mag verleen, dan verteenwoordig jy nie jouself nie, maar My, jou Vader.

11. Soos wat Ek geen ydele verering vir Myself verlang nie, maar slegs dat My wil in alle liefde nageleef word, en sê: ‘Wie My wil gedoen het uit liefde tot My, dit is hy wat My eer in die gees en in waarheid!”, so sê Ek ook gelykluidend:

12. ‘Wie die wil gedoen het van wie Ek aangestel het, en dit in sy hart hoor, die hoor en eer My, want Ek kies en salf My kinders alleen, en hy is volledig één met die Vader, Wie Ek is!” 

13. Laat jou daarom salf tot koning oor al die volk in die laagte, want wie Ek tot koning salf, die is regverdig, want Ek weet waarom Ek dit doen!”

14. Nou het die Heer Sy hand op Ohlad se hoof gelê en het hom tot voor die altaar gelei waar die tien bodes gestaan het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205