|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 117
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die askete onder die kinders van die hoogte. Die dood van Set en die geboorte van Noag. Henog en Lameg se gesprek oor die liggaamlike dood van die mense. Henog se rou en wegneming deur die Heer
(13 September 1843)
117 Daarna het die mense nog `n lang tyd geleef asof hulle halfdood was en het geen vreugde aan die wêreld beleef nie, maar hulle het daarna verlang om so spoedig moontlik die eerste ouerpaar te volg.
2. Die veragting vir die wêreld het by sommiges sover gegaan, dat hulle klein hutte onder ou vyebome gebou het en daar honderd jaar lank `n suiwer kluisenaarslewe gelei het, en nie van woning verander het solank as wat die boom, wat sy sober voedsel aan hulle verskaf het, geleef het nie.
3. Baie manne het gesweer om geen vrou aan te raak nie; want hulle het in hulle soms nie geringe verbittering gesê: “Waarom nog langer mense verwek? Staan elke mens nie die lot van Adam en Eva te wagte nie, dus die dood en die vergaan van die vlees, dan is dit tog beter om nie in so `n ellendige bestaan geroep te word nie! En as God tog ellendige mense op hierdie gesplete wêreld wil hê, dan kan Hy hulle opnuut uit klippe en leem skep; maar ons, wie weet wat na dié ellendige lewe sal volg, ons sal onsself nie meer laat gebruik om ongelukkige wesens van ons soort in die lewe te roep nie!”
4. So het ook baie vrouens gehandel en het hulle afgesluit en was tot geen ontvangenis meer te beweeg nie; want ook hulle het gesê: “Vir die dood sal diere, maar geen mense verwek word nie!”
5. En so het dit na verloop van honderd jaar na die dood van Eva, asook ten tyde van die dood van Set, op die hoogte gewemel van sulke sonderlinge mense; en geen woord van die nog lewende Henog het iets verander en ook geen wonderwerk ten einde hierdie mense van hulle dwaasheid te genees nie.
6. En omdat Henog ingesien het dat daar met hierdie super slim mense, by behoud van hulle vrye wil, niks meer uit te rig was nie, het hy ten slotte die Heer ook self gebid dat Hy hom na Hom toe sou neem.
7. Maar die Heer het aan Henog gesê: “My getroue dienaar! Sien, dié jaar nog sal Lameg, jou kleinseun, `n seun kry! Hom moet jy nog eers seën; dan sal Ek jou ook verlos van die wêreld soos wat Ek jou belowe het!”
8. En in dieselfde jaar toe Lameg honderd-twee-en-tagtig jaar oud geword het, het Ghemela `n seun vir hom gebaar, vir wie Henog dadelik geseën het, volgens die opdrag van die Heer.
9. En Lameg het na die seëning daaraan toegevoeg: “Noag is jou naam! Hy sal ons troos by ons inspanning en arbeid op die aarde, wat God die Heer vervloek het!”
10. Aan hierdie uitroep van Lameg kon elkeen sien dat selfs Lameg se gemoedstemming nie meer so heeltemal in orde was nie, want hy het daardeur vir My, die Heer, `n duidelike verwyt gemaak oor die voornemende vervloeking van die aarde, omdat hy daarmee in `n sekere sin sou gesê het: “By God is daar geen troos meer nie, want Hy het nou vreugde aan die dood van die liggame van die vaders. Daarom moes hulle seun Noag `n trooster word!
11. Maar Henog het Lameg ook vir hierdie uitroep berispe en het dit aan hom duidelik gemaak dat Ek die gedrag van die kinders nou met `n beledigde hart aangesien het, omdat Ek tog Self hulle almal `n ander geestelike lewe in die gees na die aflê van die versoekende vlees beloof het, geleer en altyd oortuigend in elkeen se hart gevorm het.
12. Maar Lameg het gesê: “Dit weet ek net so goed soos jy, vader Henog! Maar as ek altyd in my daardie sekere ewige lewe sien, waarom kan ek dan diegene wat gesterf het daarin, nooit sien nie? Sien, daarvoor het ons geen leer en geen rede nie!
13. Waarom mag die geeste wat oorgegaan het, dan nie na ons toe kom en ons laat sien dat hulle ook `n lewe sonder liggaam het en bestaan nie?”
14. En Henog het gesê: “Wat sê jy nou? Jy het tog die gees van Adam, Zuriël en die gees van Abel en Sehel gesien! Wat wil jy dan nog meer?”
15. Maar Lameg het gesê: “Sien, by God is alle dinge moontlik! Kan Hy nie die dood weer in die skynbare lewe en bestaan roep wanneer Hy wil nie? En dan sal ons glo dat dit so is!
16. Maar as daardie skynbare lewe homself terugtrek, wat dan? Waar gaan dit heen as dit nie meer vir ons sintuie daar is nie? Sien, dit is duidelik die ou vloek! Ons is daar om gedood te word; om vervloek te word is ons daar, maar nie om te lewe nie!
17. Waar die lewe is, moet dit altyd sigbaar wees, maar nie asof dit geen lewe is nie!
18. Vanweë die sonde van Adam moet al die menslike vlees gedood word! Wat `n vloek! As ek nooit gesondig het nie, waarom moet my liggaam dan, terwille van Adam se sonde, gedood word? Sien, dit vind ek hardvogtig!”
19. Hierop het Henog vir Lameg geseën en na buite gegaan en het geween voor die Heer.
20. Maar die Heer het Henog getroos, hom met sy liggaam na Hom toe geneem, en hy was voortaan nie meer op aarde gesien nie, ofskoon die mense hom oral gesoek het.
|
|
|
|
|