`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg praat verder met die oorledene. Lameg se omkeer en woorde van berou. Die liefdevolle woorde van die Heer oor die pyn wat `n vader het by die straf van sy kinders. Lameg as plaasvervanger van Henog

(19 September 1843)

121 So het Lameg ook met Set, Eva en nog sommige ander gepraat, wat vanaf die hoogte uit die vier windstreke oorgegaan het, asook die wat eens bewoners van die laagte was, en hy lei daaruit onmiskenbaar en oortuigend af dat die lewe van die gees, na die afval van die liggaam, geheel en al `n werklikheid was.

2. Noudat hy hom op dié manier ten volle daarvan oortuig het en ten diepste van dit alles deurdring was, begin hy daaroor na te dink welke groot onreg hy die Heer en die ewige Vader deur sy woorde aangedoen het, hoe onredelik al sy gedagtes en besluite was!

3. En hy (Lameg) het voor die Heer neergeval en begin te huil en het vanuit sy berouvolle hart gepraat: “O God, Heer en Vader, nou deursien ek die volle omvang van my boosheid!

4. Ek was blind en het in my groot blindheid geglo om met U te kan twis! Ek wou in my allerverskriklikste dwaasheid paal en perk stel aan U werk, wat op sigself die allerhoogste liefde is! Ek wou die aarde laat verdor en die menslike geslag laat uitsterf het!

5. En dit alles omdat daar `n duistere wrok in my ontkiem het, vanweë die wegneem van diegene wie ek meer uit oudergewoonte liefgehad het, as uit eintlike ware liefde! Want as ek hulle waaragtig liefgehad het, dan sou daar in my hart beslis geen wrok teen U opgekom het nie, omdat U vir hulle almal in U vaderliefde so `n eindelose groot saligheid berei het!

6. O God, Heer en Vader, ek erken nou dat ek `n swaar straf verdien ten opsigte van U! Daarom is dit dan ook regverdig en billik dat U my nou op die mees gevoelige wyse straf! Ja, o Heer, straf my dom vlees gedug, volgens U allerheiligste wil; maar laat my gees nie heeltemal ten gronde gaan nie!”

7. En die Heer het met Lameg gepraat: “Staan op, My seun! Dink jy dan dat Ek, jou heilige, liefdevolle Vader, plesier en vreugde beleef aan die straf van My kinders?

8. Sien, elke hou wat Ek jou sou gee, sou My in My hart veel meer pyn besorg het as vir jou op jou vel!

9. Jy het nou tog ook `n seun wat jy meer liefhet as jou eie lewe; maar as hy nou en dan ongehoorsaam is, probeer hom net daarvoor te slaan, en ervaar dan self of jy daarby nie meer pyn sal ly as jou seun nie!

10. As jy die klap wil uitdeel, sal jy reeds bang wees om jou seun te pynig; en as jou seun by die eerste versigtige klap huil, sal jou hart dan wel in staat wees hom nog `n tweede klap te gee?

11. Jou seun sal die geringe pyn egter spoedig vergeet het, en jou vaderliefde sal hom in `n baie kort tydjie weer volledig met jou versoen; maar hoe lank en hoe dikwels sal jy in jou hart by die herinnering daaraan heimlik sê: “My seun is wel nie meer boos nie; maar wat sou ek oorgehad het as ek hom nie sou geslaan het nie!”

12. Sien, dit sou jy as `n egte mens doen! Maar Ek is meer as maar net `n mens; Ek is God en jou eintlike Vader! Daarom wil Ek jou nou ook nie slaan nie, maar seën!

13. Maar dit sê Ek vir jou: Bedink dat die aarde My land is! Bewerk haar tot tydelike nut vir My volgende kinders en plant jou weer voort en vermeerder jou! Want sien, daar is nog baie wat nog in die materie gevange sit en op hulle verlossing wag!

14. Jy sal in die vervolg die plaasvervanger van Henog wees, en maak die kwaad wat jy gedoen het weer goed! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205